071/2026

OLIENHOUTRYLAAN (NA- EN VAN KLEINGELUK) GEDEELTELIK GESLUIT VIR ONDERHOUD

Uitgereik op: 1 June 2026
Ingenieursdiente

0

OLIENHOUTRYLAAN (NA- EN VAN KLEINGELUK) GEDEELTELIK GESLUIT VIR ONDERHOUD

071/2026

1 Junie 2026

Geagte Oraniërs,

OLIENHOUTRYLAAN (NA- EN VAN KLEINGELUK) GEDEELTELIK GESLUIT VIR ONDERHOUD

Opsomming : Olienhoutrylaan (die teerpad tussen die Eureka-kruising en die Kleingeluk-sirkel) sal vanaf môre gedeeltelik vir onderhoudswerk gesluit wees.

Soos Oraniërs weet, is die geteerde Servituutpad (Kareeboomlaan) onlangs vir verkeer oopgestel. Afgesien van enkele afrondingswerkies, soos die verlaging van sommige hoë randstene by opritte, is die projek afgehandel.

Daar het van die Servituutpad se teerprodukte oorgebly, en ons het dit goedgedink om dit in ‘n proefneming op Olienhoutrylaan, tussen die Eureka-kruising en die Kleingeluk-sirkel, te gebruik, aangesien daardie dekades oue teerpad gereeld vol gate is, veral ná reën.

‘n Algemene probleem met die herstel van slaggate is dat daar nie ‘n goeie seël tussen die ou en nuwe teer vorm nie. Ons wil dus nou ‘n proefneming doen deur die slaggate te herstel en daarna ‘n seëllaag oor die hele pad aan te bring. Ons is bewus daarvan dat die onderliggende laagwerk van die pad uiteindelik herstel sal moet word, maar ons hoop dat hierdie proefneming die lewensduur van die padoppervlak met ‘n paar jaar kan verleng.

Die pad sal dus vanaf môre gedeeltelik vir verkeer gesluit wees, met ompaaie aangedui. Let asseblief op die konstruksieborde en wees versigtig.

Vriendelike groete,

Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

072/2026
(Uitgereik op: 2 June, 2026)
Gemeenskapsdienste
071/2026
(Uitgereik op: 1 June, 2026)
Ingenieursdiente
070/2026
(Uitgereik op: 1 June, 2026)
Ingenieursdiente
069/2026
(Uitgereik op: 28 May, 2026)
Gemeenskapsdienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
11
Jul
Saturday 11 July, 2026
- 11 July, 2026
10:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…