170/2025
2 September 2025
Geagte Oraniërs,
OMPAD BY SERVITUUTPAD-INGANG OP 3 SEPTEMBER 2025
Opsomming : Daar sal môre opgrawings oor die breedte van die Servituutpad gedoen word naby die toegangshek vanaf die R369. ’n Ompad sal egter beskikbaar wees.
Oraniërs is bewus van die langverwagte en baie welkome opgradering van die Servituutpad met ’n teeroppervlak, wat reeds van die Eurekakruising se kant af begin is. Benewens dié werk sal die padoppervlak naby die toegangshek vanaf die R369 ook môre, Woensdag 3 September 2025, opgegrawe word.
Die sluiting word genoodsaak deur die uitgrawing vir die nuwe pomplyn deur die pad. ’n Ompad verby die toegangshek sal voorsien word en inwoners word vriendelik versoek om net op die ompadborde te let en om versigtig te wees.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…