127/2025

ONDERBREKINGS IN VOORSIENING VAN ROUWATER GEDURENDE JULIE

Uitgereik op: 4 July 2025
Ingenieursdiente

0

ONDERBREKINGS IN VOORSIENING VAN ROUWATER GEDURENDE JULIE

127/2025

4 Julie 2025

Geagte Oraniërs,

ONDERBREKINGS IN VOORSIENING VAN ROUWATER GEDURENDE JULIE

Opsomming : Rouwater sal vir die volgende drie weke met verlaagde druk voorsien word en sal vir ‘n tydperk van minstens vyf dae glad nie beskikbaar wees nie.

Onderhoud van infrastruktuur is altyd belangrik en dit is weer tyd dat Orania se rouwaterdam skoongemaak moet word. Die onderhoudswerk is vir Juliemaand beplan, juis omdat dít is wanneer Orania se rouwatervebruik die laagste is en dit dus die kleinste moontlike impak op inwoners sal hê.

Die rouwater vir die hele Orania, behalwe Kleingeluk, sal vir ten minste vyf werksdae onderbreek word. Ons gee graag die volgende reëlings aan inwoners deur:

• Ons gaan vanaf Maandag 7 Julie die dam se vlak stelselmatig laat sak. Inwoners sal dus agterkom dat die druk in die rouwaternetwerk stelselmatig sal afneem.
• Die totale onderbreking word beplan vir 21 tot 25 Julie 2025
• Die dam sal na die skoonmaak weer ’n paar dae neem om vol te maak, so die waterdruk behoort eers teen die einde van die maand weer heeltemal normaal te wees.
• Suiwerwater toevoer sal nie deur die onderhoud geraak word nie.

Dankie vir u samewerking en geduld.

Vriendelike groete,

Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste

U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : $ https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Filters

Kennisgewings Date Rage Filter
Kennisgewings Type Checkbox Filter
Vloedrisikovlakke
Vloedrisikovlakke

Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

046/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Inligting en Skakeling
045/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Ingenieursdiente
044/2026
(Uitgereik op: 15 April, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…