185/2025
2 Oktober 2025
Geagte Oraniërs,
OPDATERING OOR WERK AAN DIE SERVITUUTPAD
Opsomming : Die huidige opgradering van die oostelike gedeelte van die Servituutpad behoort teen begin November voltooi te wees. Die westelike gedeelte sal vanaf Januarie 2026 aangepak word.
Die Dorpsraad wil graag alle inwoners op hoogte bring rakende die opgradering van die Servituutpad. Die konstruksie vorder goed en die eerste gedeelte van die pad, vanaf die Eureka-kruising tot by Wilco, behoort – indien alles volgens plan verloop – teen begin November voltooi te wees.
Aangesien daar oor Desember altyd baie besoekers in die dorp is en ook omdat daar in daardie tydperk ‘n toename in swaarvoertuig verkeer is wanneer die boere begin stroop, het ons besluit om nie die vakansieperiode in te gaan met halfgeboude paaie en ompaaie nie. Die tweede gedeelte van die opgradering – vanaf Wilco tot by die R369-teerpad – sal dus oorstaan tot volgende jaar.
Een voordeel van hierdie besluit vir Orania is dat Ingenieursdienste intussen hul volle aandag aan instandhouding kan gee, wat op plekke baie nodig is.
Ons weet almal sien uit daarna dat hierdie projek afgehandel word, so daarom sal ons reeds vroeg in Januarie 2026 begin met die opgradering van die tweede gedeelte van die Servituutpad.
Baie dankie vir u samewerking en geduld met al die ompaaie.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof – Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…