Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
ORANIA ATLETIEKKLUB WEER GASHEER VIR HALFMARATON
Opsomming : Op 12 Oktober word ‘n halfmarathon vanaf VKN aangebied, waarby skeidsregters van Atletiek Suid Afrika (ASA) betrokke sal wees.
Die Orania Atletiekklub bied op 12 Oktober 2024 weer ‘n padwedloop aan wat op Vluitjieskraal-Noord (VKN) voor die banketsaal begin, oor die Vluitjeskraalbrug op die Luckhoffgrondpad uitgaan, langs die kanaal van Departement Water en Sanitasie se grond afbeweeg en dan weer terug tot in VKN.
Enkele Atletiek Suid-Afrika (ASA) skeidsregters en atlete van ander klubs, sal Orania hiertydens besoek.
Die Orania Atletiekklub is tot stand gebring om Orania-atlete, van skoolgaande tot senior, die geleentheid te bied om onder die Orania vaandel aan wedlope deel te neem en om byvoorbeeld nie by “Kimberley Running Club” ensovoorts aan te sluit nie. Orania Atletiekklub, met sy herkenbare klubklere, gee atlete die geleentheid om met trots ons dorp se naam die wêreld in te dra.
Volgens ASA reëls word vereis dat klubs eenmaal ‘n jaar ‘n wedloop moet aanbied om sodoende weer registreerbaar te wees die volgende jaar. Orania Atletiekklub het in 2023 ‘n suksesvolle wedloop aangebied, wat registrasie in 2024 moontlik gemaak het, so hierdie jaar se halfmarathon verseker 2025 se registrasie..
In lig van die sukses van laas jaar se wedloop, het VKN se direksie weer toestemming daarvoor gegee en die Orania Dorpsraad en Orania Veiligheidsdienste dra ook kennis van die geleentheid.
Ons bedank Orania toeskouers, deelnemers en ander inwoners vir hulle ambassadeurskap en hoflikheid.
Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Christo Muller by 083 628 0272 of Abraham van Zyl by 082 524 9013.
Vriendelike groete,
Christo Muller – Orania Atletiekklubvoorsitter
Abraham van Zyl – VKN Direksie voorsitter
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…