003/2026

ORANIA GESONDHEIDSORG MSW : INLIGTINGSVERGADERING

Uitgereik op: 21 January 2026
Gemeenskapsdienste
Veilig

0

ORANIA GESONDHEIDSORG MSW : INLIGTINGSVERGADERING

003/2026

21 Januarie 2026

Geagte Oraniërs,

ORANIA GESONDHEIDSORG MSW : INLIGTINGSVERGADERING

Opsomming : Daar sal op Dinsdag, 3 Februarie, om 18:30 in die Gemeenskapsaal, ‘n opdatering wees oor Orania Gesondheidsorg se goeie vordering om bekostigbare mediese dienste in Orania te bied.

Die Dorpsraad het ‘n versoek ontvang vanaf Orania Gesondheidsorg MSW (‘n privaat maatskappy sonder winsbejag) om die volgende inligting met die gemeenskap van Orania te deel, wat ons met graagte hiermee doen, omdat dit in die beste belang van die hele dorp is.

“Geagte gemeenskap,

Met verwysing na Dorpsraad skrywe 224 van 2025, gedateer 2 Desember 2025, is Gesondheidsorg baie opgewonde oor die vele positiewe verwikkelings wat sedert Desember plaasgevind het en wat ons glo ‘n reuse positiewe impak op die lewering van gesondheidsdienste in Orania kan hê.

Ons het baie positiewe inligting wat ons graag met u wil deel oor die Orania Gesondheidsentrum. Met tye van ons skrywe in Desember, was daar ‘n mate van onsekerheid oor die korttermyn toekoms van die Gesondheidsentrum, maar onlangse verwikkelinge het hierdie droom – met genade van bo – nou ‘n werklikheid gemaak waaroor ons baie dankbaar is.

Ons nooi u hiermee hartlik uit na ‘n inligtingsvergadering, DV op Dinsdag 3 Februarie om 18:30 in die Gemeenskapsaal, waar ons meer inligting met u wil deel.

Vriendelike Groete,

Orania Gesondheidsorg MSW Direksie”

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

081/2026
(Uitgereik op: 26 June, 2026)
Orania Veiligheidsdienste
080/2026
(Uitgereik op: 23 June, 2026)
Inligting en Skakeling
079/2026
(Uitgereik op: 19 June, 2026)
Inligting en Skakeling
078/2026
(Uitgereik op: 18 June, 2026)
Inligting en Skakeling

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

11
Jul
Saturday 11 July, 2026
- 11 July, 2026
10:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am
3
Aug
Monday 3 August, 2026
- 7 August, 2026
1:00 pm
8
Aug
Saturday 8 August, 2026
- 8 August, 2026
3:00 pm
12
Aug
Wednesday 12 August, 2026
- 12 August, 2026
9:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…