015/2026
13 Februarie 2026
Geagte Oraniërs,
ORANIA MEDIESE SENTRUM OPENING
Opsomming : Die amptelike opening van die nuwe Orania Mediese Sentrum vind eerskomende Dinsdag, 17 Februarie, om 08:00 plaas en die gemeenskap word uitgenooi om ‘n gratis plek te bespreek om die opening by te woon.
Inwoners weet dat Orania Gesondheidsorg MSW ‘n projek vanuit ons gemeenskap is wat nie deur die “owerheid” bestuur word nie. Dit is egter só belangrike onderwerp vir die hele dorp dat ons met graagte hier, op die Dorpsraad se kanale, die volgende kennisgewing van hulle af deel:
“Die Direksie van Orania Gesondheidsorg MSW nooi jou hartlik uit om saam met ons ’n koppie koffie te geniet en ons Hemelse Vader te dank vir die gawes en genade wat Hy geskenk het om die Orania Mediese Sentrum moontlik te maak.
Datum: Dinsdag, 17 Februarie 2026
Tyd: 08:00
Plek: Orania Mediese Sentrum (Veiligheidsgebou)
Ons sien uit daarna om hierdie besondere geleentheid saam met jou te deel.
RSVP: 16 Februarie 2026, e-pos: admin@oraniagesondheid.co.za
Vriendelike groete,
Direksie – Orania Gesondheidsorg”
Vriendelike Groete,
Arno Lambrechts
Hoof : Gemeenskapsdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…