143/2025
1 Augustus 2025
Geagte Oraniërs,
ORANIA SIMBOLE
Opsomming : Nominasies vir Orania se amptelike simbole (dier, voël, vis, boom en blom) word aangevra, waarna daar ‘n publieke meningspeiling sal wees sodat die gemeenskap hul gunstelinge kan kies.
Wat is Orania se amptelike dier? Of ons amptelike voël, boom, vis en blom?
Die Orania Bewaringstigting het ’n projek begin waar ons vir Orania amptelike simbole daar wil stel. Hierdie projek geskied met die ondersteuning van die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) en Orania se grondentiteite. Die Orania Bewaringstigting, ’n vereniging van vrywillige lede, wil nie slegs ons erfenis bewaar nie, maar ook positief verder uitbou.
Dit is alombekend dat volke in hul strewe tot selfbeskikking simbole skep wat nie net ’n tasbare uitdrukking van hul identiteit weergee nie, maar ook sodanige volk saamsnoer. Orania het reeds ’n ruim tyd gelede ’n vlag daargestel en meer onlangs het die Volksliedkomitee met die ondersteuning uit die gemeenskap die Orania Roepstem daargestel. Die Klein Reus is ‘n sterk simbool van Orania, terwyl ons ook nie unieke simbole soos die Koeksistermonument uit die oog moet verloor nie.
Orania het egter nog nie ‘n amptelike dier, voël, vis, boom en blom daargestel nie. Hierdie simbole sal nie maar slegs uiting aan ons groeiende gemeenskap se ideaal gee nie, maar is ook nodig om ’n heraldies geprojekteerde skild of “wapen” vir Orania te ontwikkel. Met sodanige amptelike simbole is die verwagting dat dit dan ook ons as Oraniërs verder rondom ons eie identiteit kan saamsnoer.
Om hierdie simbole vir Orania daar te stel, wil ons graag die gemeenskap nooi om aan hierdie projek deel te neem.
Hoe gaan die proses werk?
Die Orania Bewaringstigting het ’n Simbolekomitee saamgestel wat die projek gaan koördineer. Die projek bestaan basies uit drie dele. Ons trek weg met ’n geleentheid waar die gemeenskap genooi word om voorstelle vir Orania se amptelike simbole te maak. Die voorstelle kan gesuiwer word om te voldoen aan die basiese voorskrifte (sien hieronder). Hierna word die voorstelle aan ’n meningsopname onder die gemeenskap onderwerp en waarna die Simbolekomitee die aangewysde verteenwoordigers van die Orania Bewaringstigting, die OVR en die grondentiteite byeenroep, om met inagneming van die meningsopname vir Orania ons amptelike simbole te bevestig.
U word genooi om voorstelle te maak
Enige lid van die gemeenskap is welkom om voorstelle vir Orania se amptelike dier, voël, vis, boom en blom te maak. Die tydperk om voorstelle te maak sluit op 15 Augustus 2025.
Voorstelle kan na oraniasimbole@myorania.co.za gestuur word.
Daar is egter wel basiese voorskrifte van toepassing: Die voorskrifte sluit in dat die voorstel endemies in die Bo-Karoostreek moet voorkom, nie reeds ’n simbool van Suid-Afrika of naburige state moet wees nie en nie tot komiese effek sal aanleiding gee nie.
Die Simbolekomitee beoog om die suiweringsproses, waar die nodige deskundiges betrek kan word, teen die einde van Augustus 2025 af te handel. Die beplande meningsopname met die onderskeie voorstelle sal dan daarop volg.
Ons hoor graag watter dier, voël, vis, boom en blom u graag wil sien een van Orania se amptelike simbole moet wees.
Vriendelike Groete
Simbole Komitee
’n Komitee van die Orania Bewaringstigting en met lede daarvan Cobus Pretorius, Jan Beyers, Lida Strydom en Jan van Zyl.
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…