034/2026
27 Maart 2026
Geagte Oraniërs,
ORANIA WORD 35
Opsomming : Orania se 35’ste verjaarsdagpartytjie gaan op 10 April gehou word by die Dorpskantoor.
Orania vier vanjaar sy 35ste bestaansjaar – en jy word hartlik uitgenooi na ’n spesiale verjaarsdagviering!
Hierdie geleentheid dien as die amptelike viering van Stigtingsdag (6 April), maar aangesien dit vanjaar met Paas-Maandag saamval, vind die viering plaas op Vrydag, 10 April.
Plek: Die grasperk voor die Dorpskantoor
Datum: Vrydag, 10 April 2026
Tyd: 15:30–17:30
Toegang: Gratis
Let asseblief op die volgende:
* Pioniers: Ons nooi veral ons vroeë inwoners hartlik uit om saam te kom vier. As jy dus vanaf die vorige eeu reeds in Orania is, is jy in besonder welkom!
* Kinders: Daar word spesiaal vir kinders beplan, met koek, koeldrank, lekkergoed en partytjiebykomstighede.
* Verjaarsdagkoek (kompetisie): Die Dorpsraad verskaf ‘n redelike groot koek, maar almal wat lekker bak kan gerus ook ’n koek saambring, wat dan deur almal geniet gaan word en in aanmerking sal kom vir ‘n prys .
* Persente: Daar sal ook ’n geskenk-uitruiling wees – bring ’n geskenk saam en ontvang een terug!
* Sitplek: Bankies en tafels sal voorsien word, maar bring gerus ook jou eie kampstoel saam.
Verdere besonderhede – en dalk ’n verrassing of twee – sal nader aan die tyd gedeel word. Merk solank die datum en kom vier die mylpaal saam!
Vriendelike groete,
Burger Lambrechts
Dorpsraad : Kommunikasiebeampte
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…