009/2026
2 Februarie 2026
Geagte Oraniërs,
OVD SUKSESSE
Opsomming : Daar was oor die afgelope twee maande ’n toename in diefstalle in Orania, maar OVD het reeds meer as 90% daarvan suksesvol opgelos. Die gemeenskap se volgehoue samewerking om ons dorp veilig te hou, word opreg waardeer.
Een van Orania se beste eienskappe as Christen Afrikaner-dorp is die hoë vlak van veiligheid en die gemoedsrus wat inwoners daaroor kan hê. Anders as wat op baie ander plekke die geval is, hoef Oraniërs nie voortdurend angstig te wees oor misdaad nie. Hierdie besondere stand van sake moet soos goud bewaar word! Daarom maak Orania Veiligheidsdienste (OVD) groot erns daarmee om selfs geringe oortredings deeglik op te volg, sodat skuldiges gepas daarvoor aanspreeklik gehou kan word.
Dit is dus met dankbaarheid dat gerapporteer kan word dat 9 van die 11 klagtes van diefstal wat in Desember en Januarie aangemeld is (wat ongelukkig meer is as vantevore), reeds opgelos is en tans deur Regspraak hanteer word. Daar was ook een klagte van bedrog (’n vervalste R100-noot wat deur ’n minderjarige vervaardig is), wat reeds suksesvol opgelos is.
Een van die twee oorblywende diefstal gevalle behels ‘n eienaar wat nie heeltemal seker is of die item nie dalk net tussen hul eie besittings weggeraak het nie, en die ander is ’n klein item wat nie gereeld gemonitor word nie en wat dus moontlik reeds vir ’n geruime tyd soek kan wees. Die gesteelde items was meestal nie van noemenswaardige waarde nie en in die oplossing van die sake is heelwat daarvan aan hul eienaars terugbesorg. Daar is ook sake wat tot ‘n mate dalk eerder as ‘n misverstand as ‘n misdaad beskryf kan word. Dit is daarom belangrik om die toename in misdaadstatistiek nie in ’n onnodig negatiewe of oordrewe ernstige lig te beskou nie. Nietemin, aangesien Orania daarna streef om geen misdaad te hê nie, word alle gevalle noukeurig ondersoek en poog OVD om enige vermeerdering in oortredings dadelik te hanteer en in die kiem te smoor.
Oraniërs se volgehoue bereidwilligheid om OVD te ondersteun met die ondersoek en oplossing van enige misdaad, is van onskatbare waarde. Die gemeenskap word hiervoor opreg bedank.
Vriendelike Groete,
Ettiene de Lange
Hoof : Orania Veiligheidsdienste (OVD)
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…