075/2025

OVR KENNISGEWING – TERUGVOER OOR ONTMOETING MET NOORD-KAAPSE EFF LEIERSKAP

Uitgereik op: 14 April 2025
Uitvoerende Hoof

0

OVR KENNISGEWING – TERUGVOER OOR ONTMOETING MET NOORD-KAAPSE EFF LEIERSKAP

075/2025

14 April 2025

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

OVR KENNISGEWING – TERUGVOER OOR ONTMOETING MET NOORD-KAAPSE EFF LEIERSKAP

Nota : Hierdie kennisgewing van die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) word deur die Dorpsraad se kanale versprei om soveel as moontlik Oraniërs te bereik.

OPSOMMING : Soos in kennisgewing 074/2025 verduidelik was, sou ‘n Orania afvaardiging die afgelope Vrydag in Kimberley met die EFF vergader. Hierdie kennisgewing gee verdere terugvoer oor die vergadering, waarin daar o.a. bevestig is dat die EFF optog van 22 April beslis nie in Orania gaan gebeur nie.

Die ontmoeting tussen ‘n OVR-OAB afvaardiging, die VF Plus en die EFF het volgens plan op Vrydag 11 April in Kimberley plaasgevind. Dr Wynand Boshoff (VF Plus) en mnr Shadrack Tloale (EFF) het as voorsitters opgetree.

Hoewel die gesprek deurgaans op beleefde wyse gevoer is, het duidelike verskille aan die lig gekom en is van albei kante sterk standpunte ingeneem. Die EFF het aangevoer dat Orania se huidige bestaan en strewe na selfstandigheid ‘n bedreiging vir eenheid in Suid-Afrika inhou en dat alles wat aan segregasie herinner tot niet gemaak moet word. Hulle het voorts die mening uitgespreek dat ‘n “oop” Orania niks het om te vrees nie en sy kulturele identiteit sal behou – ‘n opinie waarvan ons natuurlik fundamenteel verskil.

Van Orania se kant is aangevoer dat kultuurverskille in Suid-Afrika ‘n gegewe is en dat wedersydse erkenning en respek die enigste volhoubare wyse is om dit te hanteer. Ons het ook verduidelik dat dit tot misverstand lei as Orania in rasseterme beoordeel word, dat ons ‘n kultuurgemeenskap is wat homself nie isoleer nie, en dat ons niemand se toestemming vra om te bestaan of ons bestaan te beskerm nie.

In die loop van die twee-en-‘n-half-uur lange ontmoeting kon die afvaardigings mekaar goed uitluister en is daar baie gesê wat wedersydse begrip op ‘n nie-politieke vlak bevorder het. Polities gesproke is daar egter geen ooreenkoms bereik nie en het Orania se afvaardiging dit soos volg opgesom:

Verskille as gevolg van misverstand is deels aangespreek, maar op baie terreine is daar steeds wanpersepsies wat opgeklaar moet word. Verskille as gevolg van verskillende perspektiewe is aangeraak, maar daar is steeds ‘n groot kloof tussen ons wat net met baie tyd en geduld oorbrug sal kan word. Verskille as gevolg van botsende oortuigings is egter naastenby onaangeraak en sal op botsing afstuur as daar nie deeglik werk van gemaak word nie.

Verdere ontmoetings tussen die VF Plus en die EFF is ook op nasionale vlak in vooruitsig gestel, met dien verstande dat Orania, waar toepaslik, daaraan sal deelneem. Die EFF beplan intussen om voort te gaan met hulle opmars na die Noord-Kaapse Premier se kantoor en teen Orania te betoog.

Van Orania se kant het ons tot die volgende gevolgtrekkings gekom:

* Dit was ‘n oop en eerlike gesprek, en daarom besonder leersaam.
* Geen vergelyk of ooreenkoms kan bereik word sonder ‘n verandering van oortuiging en van hart nie – en daarvan is daar min belowende tekens te sien.
* Orania moet dapper genoeg wees om sy saak te stel teenoor enigeen wat luister, dit het ook in hierdie geval ‘n verskil ten goede gemaak.
* Van “eenheid” en “konsensus” op die EFF se voorwaardes is daar nie sprake nie, maar ‘n vergelyk wat Orania erken, moet steeds nagestreef word.
* Dit word moeiliker en veeleisender om Orania se saak te stel, maar ons weet waarvoor ons staan en kan dit opbouend aanbied.
* Die EFF het hulle eie politieke agenda, wat mag behels dat hulle deel van ‘n Noord-Kaapse koalisie-regering word. Hulle optrede rakende Orania vind teen die agtergrond daarvan plaas.
* Ons moet op ons knieë bly en die God van die geskiedenis se seën en beskerming vra, want menslik gesproke staan ons teen ‘n oormag.

Ons bedank hiermee elkeen wat die saak met belangstelling volg en wat ons leiers in hulle optrede ondersteun. Die feit dat ons in goeie trou en eerlik optree, gaan nie ongesiens verby nie, al is die regstreekse politieke gevolge nie altyd wat ons graag sou wou sien nie.

Vriendelike groete,

Carel Boshoff
OVR Ondervoorsitter

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

087/2025
(Uitgereik op: 29 April, 2025)
Inligting en Skakeling
086/2025
(Uitgereik op: 28 April, 2025)
Inligting en Skakeling
085/2025
(Uitgereik op: 25 April, 2025)
Gemeenskapsdienste
084/2025
(Uitgereik op: 25 April, 2025)
Orania Veiligheidsdienste

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

1
May
Thursday 1 May, 2025
- 3 May, 2025
Algemeen
2
May
Friday 2 May, 2025
8
May
Thursday 8 May, 2025
- 10 May, 2025
6:00 pm
9
May
Friday 9 May, 2025
- 9 February, 2025
4:00 pm

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…