122/2026

OVR-VERKIESING VIR 4 NOVEMBER 2026 FORMEEL GEPROKLAMEER

Uitgereik op: 8 September 2026
Algemeen

0

OVR-VERKIESING VIR 4 NOVEMBER 2026 FORMEEL GEPROKLAMEER

122/2026
8 September 2026
Geagte Oraniƫrs,
OVR-VERKIESING VIR 4 NOVEMBER 2026 FORMEEL GEPROKLAMEER

EL GEPROKLAMEER

Opsomming : Alle inwoners moet asseblief kennis neem van hierdie belangrike aankondiging vanaf die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR), wat ons ook hier op die Dorpsraad se kanale versprei sodat soveel as moontlik inwoners daarvan bewus is.
Die Orania Verteenwoordigende Raad kondig hiermee aan dat die volgende verkiesing vir lede van die Burgerraad van die OVR formeel geproklameer is en op Woensdag 4 November 2026 sal plaasvind.
Hierdie sal die eerste verkiesing wees wat ingevolge die nuwe OVR-Grondwet en die Reglement van die Orania Verkiesingskommissie gehou word. Die Orania Verkiesingskommissie sal die verkiesing onafhanklik bestuur en organiseer met die doel om ’n vrye, regverdige en deursigtige verkiesing te verseker.
Die Hoofkiesbeampte sal die volledige verkiesingskedule en administratiewe datums afsonderlik bekendmaak, insluitend kiesersregistrasie, kandidaatnominasies, veldtogtydperke, spesiale en afstandstemme, asook die plek en stemtye vir die verkiesing.
Die volledige proklamasie en toepaslike verkiesingsdokumente kan hier afgelaai word: https://mp09h.r.ag.d.sendibm3.com/mk/cl/f/sh/1t6Af4OiGsDg0fVSl8A0OkORZOcDgX/Ft1fc_ZNhDgb
Openbare inligtingsvergadering – 10 September
Omdat hierdie die eerste verkiesingsproses ingevolge die nuwe grondwet en verkiesingsreglement is, word inwoners na ’n openbare inligtingsvergadering genooi waar die nuwe verkiesingstelsel en proses verduidelik sal word.
Tydens die vergadering sal daar ook terugvoer gegee word oor Orania se gesprek met die regering rakende Orania se status as plaaslike owerheid.
Verteenwoordigers van die OVR en Orania se grondinstellings het reeds twee vergaderings met ’n regeringsafvaardiging gevoer, waarna besluit is om ’n kleiner gesamentlike komitee saam te stel om die gesprekke verder te voer. Die OVR beskou hierdie proses as van groot betekenis vir Orania se konstitusionele ontwikkeling, en inwoners sal tydens die vergadering oor die gesprekke en die pad vorentoe ingelig word.
Datum: Donderdag 10 September 2026
Tyd: 17:30
Plek: BKO Ouditorium
Alle belangstellende inwoners word aangemoedig om die vergadering by te woon.
Orania Verteenwoordigende Raad – www.ovr.co.za
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: šŸ”— https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ā€˜n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: šŸ”— https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

125/2026
(Uitgereik op: 10 September, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
123/2026
(Uitgereik op: 10 September, 2026)
Orania Veiligheidsdienste
122/2026
(Uitgereik op: 8 September, 2026)
Algemeen

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

18
Sep
Friday 18 September, 2026
- 18 September, 2026
3:00 pm
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am
10
Oct

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls