Opsomming : Die pad wat deurloop tussen Duiker en die nuwe Werksgebou (wat tans in aanbou is), sal vanaf Dinsdag, 25 Maart, gesluit wees tot Vrydag, 28 Maart.
Hierdie sluiting is weens die konstruksie aan die werksgebou, waar die volgende vloer se betonblaaie geplaas moet word. Die vragmotors wat die betonblaaie aflewer, sal in die pad moet staan sodat die hyskraan dit kan aflaai.
Wees asseblief op die uitkyk vir versperrings en konstruksieborde.