Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
PAD BY NUWE WERKSGEBOU GESLUIT TOT VRYDAG
Opsomming : Die pad wat deurloop tussen Duiker en die nuwe Werksgebou (wat tans in aanbou is), sal vanaf Dinsdag, 25 Maart, gesluit wees tot Vrydag, 28 Maart.
Hierdie sluiting is weens die konstruksie aan die werksgebou, waar die volgende vloer se betonblaaie geplaas moet word. Die vragmotors wat die betonblaaie aflewer, sal in die pad moet staan sodat die hyskraan dit kan aflaai.
Wees asseblief op die uitkyk vir versperrings en konstruksieborde.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste
U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : $ https://myorania.co.za/kontak-ons/$
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/$
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…