202/2025
28 Oktober 2025
Geagte Oraniërs,
PROBLEME MET KOMMUNIKASIE AAN INWONERS WAT GEREGISTREER HET OM TE STEM IN DIE VERKIESING VAN ’N OAB-DIREKTEUR VIR NIE-AANDEELHOUERS
Opsomming : Hierdie week se korrekte kieserslys is deurgaans by die Poskantoor beskikbaar, maar ons wil graag daarop wys dat ’n gedeelte van die inwoners wat geregistreer het vir die verkiesing blykbaar nog nie die amptelike opvolgkommunikasie daaroor vanaf OAB ontvang het nie. Ook het ’n aantal stemgeregtigdes vir ’n kort tydjie toegang gehad tot ’n boodskap wat verkeerdelik aangedui het dat hulle nie stemgeregtig is nie.
Soos in kennisgewing 199/2025 genoem is, sou alle persone wat geregistreer het vir hierdie week se verkiesing van ’n nuwe OAB-direkteur vir nie-aandeelhouers, ’n skrywe met meer inligting daaroor ontvang het vanaf OAB se maatskappysekretaris (per e-pos en/of via WhatsApp).
Daar is dus reeds honderde boodskappe gestuur aan alle persone wat stemgeregtig is volgens die kriteria, asook aan diegene wat bevind is om nie stemgeregtig te wees nie (byvoorbeeld persone wat nog nie vir langer as drie jaar ononderbroke in Orania woon nie). Dit blyk egter dat heelwat van die voornemende kiesers nog nie hierdie boodskappe ontvang het nie, om redes soos die volgende:
• Daar is moontlik ‘n spelfout gemaak met die e-pos adresse of selfoon nommers, so die boodskappe wat ons uitstuur hop terug na ons toe (soveel as 10% van al die boodskappe).
• Die e-posse beland soms in mense se “Gemorspos”-bussies, waar dit nie maklik raakgesien word nie.
• Die ontvanger het bloot nog nie die boodskap oopgemaak en gelees nie (ongeveer 70% van alle boodskappe tot dusver), en is dus nog nie bewus van die besonderhede van die verkiesing nie.
• Diegene wat gewoonlik hul amptelike kommunikasie vanaf die Dorpsraad op Telegram ontvang (op Dorpsraad Media), kon moontlik gisteroggend vir ‘n rukkie toegang gehad het tot ‘n boodskap wat verkeerdelik kon aangedui het dat die persoon nie stemgeregtig is nie.
• Die persoon het geen e-posadres of selfoonnommer ingevul op die registrasievorm nie, dus is daar geen kontakbesonderhede om mee te kommunikeer nie.
Ons wil hiermee dus vir mense wat verwag om te stem, herinner daaraan dat hulle nie noodwendig staat hoef te maak op die ontvangs van ’n brief daaroor vanaf OAB nie, maar dat hulle die saak persoonlik by die Poskantoor kan gaan afhandel. Indien daar enkeles is wat probeer stem maar in werklikheid nie stemgeregtig is nie, sal die personeel by die Poskantoor hulle daaroor kan inlig.
Oraniagroete,
Jacques van Wyk
OAB – Maatskappysekretaris
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…