202/2025

PROBLEME MET KOMMUNIKASIE AAN INWONERS WAT GEREGISTREER HET OM TE STEM IN DIE VERKIESING VAN ’N OAB-DIREKTEUR VIR NIE-AANDEELHOUERS

Uitgereik op: 28 October 2025
Maatskappysekretaris

0

PROBLEME MET KOMMUNIKASIE AAN INWONERS WAT GEREGISTREER HET OM TE STEM IN DIE VERKIESING VAN ’N OAB-DIREKTEUR VIR NIE-AANDEELHOUERS

202/2025

28 Oktober 2025

Geagte Oraniërs,

PROBLEME MET KOMMUNIKASIE AAN INWONERS WAT GEREGISTREER HET OM TE STEM IN DIE VERKIESING VAN ’N OAB-DIREKTEUR VIR NIE-AANDEELHOUERS

Opsomming : Hierdie week se korrekte kieserslys is deurgaans by die Poskantoor beskikbaar, maar ons wil graag daarop wys dat ’n gedeelte van die inwoners wat geregistreer het vir die verkiesing blykbaar nog nie die amptelike opvolgkommunikasie daaroor vanaf OAB ontvang het nie. Ook het ’n aantal stemgeregtigdes vir ’n kort tydjie toegang gehad tot ’n boodskap wat verkeerdelik aangedui het dat hulle nie stemgeregtig is nie.

Soos in kennisgewing 199/2025 genoem is, sou alle persone wat geregistreer het vir hierdie week se verkiesing van ’n nuwe OAB-direkteur vir nie-aandeelhouers, ’n skrywe met meer inligting daaroor ontvang het vanaf OAB se maatskappysekretaris (per e-pos en/of via WhatsApp).

Daar is dus reeds honderde boodskappe gestuur aan alle persone wat stemgeregtig is volgens die kriteria, asook aan diegene wat bevind is om nie stemgeregtig te wees nie (byvoorbeeld persone wat nog nie vir langer as drie jaar ononderbroke in Orania woon nie). Dit blyk egter dat heelwat van die voornemende kiesers nog nie hierdie boodskappe ontvang het nie, om redes soos die volgende:

• Daar is moontlik ‘n spelfout gemaak met die e-pos adresse of selfoon nommers, so die boodskappe wat ons uitstuur hop terug na ons toe (soveel as 10% van al die boodskappe).
• Die e-posse beland soms in mense se “Gemorspos”-bussies, waar dit nie maklik raakgesien word nie.
• Die ontvanger het bloot nog nie die boodskap oopgemaak en gelees nie (ongeveer 70% van alle boodskappe tot dusver), en is dus nog nie bewus van die besonderhede van die verkiesing nie.
• Diegene wat gewoonlik hul amptelike kommunikasie vanaf die Dorpsraad op Telegram ontvang (op Dorpsraad Media), kon moontlik gisteroggend vir ‘n rukkie toegang gehad het tot ‘n boodskap wat verkeerdelik kon aangedui het dat die persoon nie stemgeregtig is nie.
• Die persoon het geen e-posadres of selfoonnommer ingevul op die registrasievorm nie, dus is daar geen kontakbesonderhede om mee te kommunikeer nie.

Ons wil hiermee dus vir mense wat verwag om te stem, herinner daaraan dat hulle nie noodwendig staat hoef te maak op die ontvangs van ’n brief daaroor vanaf OAB nie, maar dat hulle die saak persoonlik by die Poskantoor kan gaan afhandel. Indien daar enkeles is wat probeer stem maar in werklikheid nie stemgeregtig is nie, sal die personeel by die Poskantoor hulle daaroor kan inlig.

Oraniagroete,

Jacques van Wyk
OAB – Maatskappysekretaris

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Filters:

Kalendar Agemene gebeure Checkbox Filter
Kalendar Tersiêre Instellings Checkbox Filter
Kalendar Feeste Checkbox Filter
Kalendar Gemeenskapsprojekte Checkbox Filter
Kalendar Karnaval Checkbox Filter
Kalendar Kerke Checkbox Filter
Kalendar Kultuur Checkbox Filter
Kalendar Musiek Checkbox Filter
Kalendar Orania Vakansiedae Checkbox Filter
Orientering Checkbox Filter
Kalendar SA Vakansies Checkbox Filter
Kalendar Skole Checkbox Filter
Kalendar Sport Checkbox Filter
Kalendar Vergaderings Checkbox Filter
Kalendar Ander Checkbox Filter

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

017/2026
(Uitgereik op: 16 February, 2026)
Ingenieursdiente
016/2026
(Uitgereik op: 16 February, 2026)
Uitvoerende Hoof
015/2026
(Uitgereik op: 13 February, 2026)
Gemeenskapsdienste
014/2026
(Uitgereik op: 10 February, 2026)
Beplanning en Grondgebruik

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

19
Feb
Thursday 19 February, 2026
- 19 February, 2026
6:00 pm
20
Feb
Friday 20 February, 2026
- 20 February, 2026
6:00 pm
7
Mar
Saturday 7 March, 2026
- 7 March, 2026
8:00 am
27
Mar
Friday 27 March, 2026
- 29 March, 2026
17
Apr
Friday 17 April, 2026
- 18 April, 2026
12:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…