Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
REGSTELLING VAN DIE TYD IN KENNISGEWING 176/2024 VIR DIE KRAGONDERBREKING OP DINSDAG 26 NOVEMBER
Opsomming : Die kragonderbreking op Dinsdag 26 November gaan tussen 07:00 en 11:00 wees, nie eers vanaf 08:00 soos vantevore verkeerdelik aangedui was nie. Dit gaan wees in verskeie gebiede in die rigting van die rivier (Rooipad, grootste gedeelte van die Oewer, grootste gedeelte van die Boord en Diamantlaan vanaf Rooipoort).
Soos in kennisgewing 176/2024 aangedui was, moet die gemeenskap kennis neem daarvan dat daar eerskomende Dinsdag ‘n transformator vervang gaan word, wat ‘n kragonderbreking gaan veroorsaak, maar let asseblief daarop dat dit tussen 07:00 en 11:00 sal wees, nie tussen 08:00 en 11:00 nie. Die gebiede wat geraak gaan word is die volgende:
1. Alle aandeelblokke wat grens aan Oewerlaan (Rooipad)
2. Die hele Oewer area, maar uitgesluit H040 tot H051 (Aan die Oewer en Oewer Hotel aan die rivier se kant van Visarendstraat Wes).
3. Alle aandeelblokke binne die Boord ontwikkeling, maar uitgesluit die voorste ry aandeelblokke wat aan Visarendstraat grens.
4. Alle aandeelblokke wat aan Diamantlaan grens vanaf die Rooipoort ontwikkeling tot by Oewerlaan.
U is, soos altyd, welkom om hierdie aangeleentheid (of enige ander kwessie) met die Dorpsraad te bespreek deur die volgende skakel te volg:
Vriendelike groete,
Andre Van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…