204/2025
31 Oktober 2025
Geagte Oraniƫrs,
ROUWATERDRUK IN KLEINGELUK
Opsomming : Die situasie met lae rouwaterdruk in Kleingeluk word ondersoek om so spoedig moontlik ān oplossing te vind.
Daar word tans baie swak rouwaterdruk in Kleingeluk ondervind. Die oorsaak hiervan is nog nie bekend nie, maar dit word dringend ondersoek sodat ān oplossing gevind kan word.
As agtergrond tot die huidige situasie kan inwoners in gedagte hou dat die Dorpsraad besig is met ān groot, meerjarige opgradering van die hele watervoorsieningsnetwerk ā ān projek wat vele miljoene Rande kos. Daar is byvoorbeeld reeds:
1. groot nuwe koppelings uit staal vervaardig en by die pompstasie geĆÆnstalleer;
2. skoongemaak in die ou hospitaaldam;
3. nuwe opvoerpype vir etlike kilometers vanaf die rivier tot by die R369-kruising met die Servituutpad geĆÆnstalleer (en dit sal volgende jaar onderdeur die R369 geneem word tot by die suiweringsaanleg); en
4. nuwe toevoerpype na Kleingeluk geĆÆnstalleer.
Die verlaagde wrywing binne die nuwe pype het reeds ān positiewe effek op pompvermoĆ« gehad, selfs al is daar op hierdie stadium nog ān bottelnek in die kleiner ou pype vir die laaste gedeelte voor die suiweringsaanleg. Die groot verbetering sal egter eers gerealiseer word wanneer die projek binne die volgende jaar of so voltooi is ā iets waarna alle OraniĆ«rs kan uitsien!
Intussen probeer die Dorpsraad natuurlik deurgaans om die beste moontlike waterdruk te voorsien met die infrastruktuur wat tans beskikbaar is. ān Verlaging in druk is te verwagte in die warmer maande van die jaar waarin ons nou is, maar die feit dat die rouwater soms heeltemal wegraak is kommerwekkend en tans moeilik om te verklaar. Ons ondersoek duur dus voort en ons hoop om binnekort ān oplossing te vind.
Ons bedank die gemeenskap ā veral die inwoners van Kleingeluk ā vir hulle geduld met hierdie moeilike situasie.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof – Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: š https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ān opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: š https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…