200/2025

SLENTER RONDOM SELFOON-LUGTYD IS WEER AKTIEF

Uitgereik op: 28 October 2025
Orania Veiligheidsdienste

0

SLENTER RONDOM SELFOON-LUGTYD IS WEER AKTIEF

200/2025

28 Oktober 2025

Geagte Oraniƫrs,

SLENTER RONDOM SELFOON-LUGTYD IS WEER AKTIEF

Opsomming : Alle inwoners moet asseblief bedag wees daarop dat bedrieĆ«rs weer aktief is in Orania met ’n slenter rondom selfoon-lugtyd.

’n Skelmstreek wat al vantevore in Orania voorgekom het, het ongelukkig weer sy kop uitgesteek. Orania Veiligheidsdienste (OVD) probeer altyd die gemeenskap op alle vlakke teen misdaad beskerm – nie net fisies nie – so hiermee wil ons inwoners graag hierteen waarsku.

Oor die afgelope week is verskeie prominente besighede en persone bedrieg deurdat hulle selfoon-lugtyd aan iemand verskaf het, maar nooit betaling daarvoor ontvang het nie. Hierdie skelmstreek gaan gewoonlik gepaard met beloftes van ander transaksies of vals bestellings wat geplaas word. Dit laat die versoek vir lugtydkodes dikwels minder verdag lyk en lei uiteindelik tot ’n suksesvolle diefstal.

Die beste manier vir Oraniƫrs om hulle teen hierdie gevaar te beskerm, is om nooit kodes vir selfoon-lugtyd aan enigiemand te verskaf sonder onmiddellike betaling nie.

Vriendelike groete,

Ettiene de Lange
Hoof – OVD

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: šŸ”— https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ā€˜n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: šŸ”— https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

137/2026
(Uitgereik op: 9 October, 2026)
Ingenieursdiente
136/2026
(Uitgereik op: 9 October, 2026)
Ingenieursdiente
135/2026
(Uitgereik op: 9 October, 2026)
Beplanning en Grondgebruik

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

10
Oct
18
Nov
Wednesday 18 November, 2026
- 18 November, 2026
9:00 am
11
Dec
Friday 11 December, 2026
- 11 December, 2026
12:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls