156/2024

SPERDATUM VIR REGISTRASIEVELDTOG VAN HONDE EN KATTE

Uitgereik op: 21 October 2024
Gemeenskapsdienste

0

SPERDATUM VIR REGISTRASIEVELDTOG VAN HONDE EN KATTE

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

SPERDATUM VIR REGISTRASIEVELDTOG VAN HONDE EN KATTE

Opsomming : Dit is verpligtend dat registrasievorms voor 15 November ingedien moet word vir alle honde en katte op erwe waar daar meer as twee is, waarna mikroskyfie inplanting gedoen moét word teen ’n koste van R115 BTW ingesluit.

Met verwysing na kennisgewing 40/2023 en 39/2024, is ons nou gereed om voort te gaan met die registrasie van honde en katte, asook met die inplanting van mikroskyfies. Hier is ’n opsomming van daardie kennisgewings om die geheue te verfris:

1. Orania Dierereëls soos geskep deur afdeling Regspraak het in werking getree op 1 April 2024. Dit maak onder andere voorsiening vir ’n beperking op die getal honde en katte wat op ’n erf aangehou mag word. Dierereëls is beskikbaar by hierdie skakel: https://docs.google.com/document/d/1yyCipdwk3qW2bjW6wZvVAVpmPtogCXn2/edit?usp=drive_link&ouid=116458217845151673826&rtpof=true&sd=true

2. Vir ’n erf kleiner as 1000 vierkante meter word ’n maksimum van 2 honde en 2 katte per erf toegelaat en vir ’n erf groter as 1000 vierkante meter word 3 honde en 2 katte per erf toegelaat.

3. Met die inwerkingtreding van die dierereëls word outomaties toestemming verleen vir die oorskryding van bogenoemde getalle mits die eienaar nie ekstra diere aanskaf nie. Daar is enkele uitsonderings op hierdie reël soos byvoorbeeld by geregistreerde teëlers. Meer besonderhede is beskikbaar by die bogenoemde skakel.

4. Ten opsigte van punt 3 hierbo is die inplanting van mikroskyfies verpligtend vir alle honde en/of katte op ’n erf waar bogenoemde getalle oorskry word. Hoewel eienaars welkom is om self mikroskyfies aan te skaf vir al hul diere het die Dorpsraad mikroskyfies in grootmaat aangekoop om dit teen ’n baie gunstige tarief van R115 (BTW ingesluit) aan eienaars te kan verskaf.

5. Op erwe waar die maksimum toelaatbare getalle nie oorskry word nie is die aanskaf van mikroskyfies en die registrasie van honde en katte opsioneel.

Die doel met die verpligte inplanting van mikroskyfies vir diere op erwe waar die maksimum toelaatbare getalle oorskry word is om beter beheer uit te oefen. Indien daar inspeksie op sodanige erwe uitgevoer word sal verwag word dat alle diere op die betrokke erf ingeplant is met mikroskyfies. Sodoende kan die geleidelike vermindering van dieregetalle gemonitor word.

Ten einde bogenoemde reëls te kan toepas sal dit nodig wees om noukeurig rekord te hou van alle diere op erwe waar die maksimum aantal diere oorskry word. Ons het vir hierdie doeleinde ’n elektroniese registrasievorm ontwikkel wat eienaars kan gebruik om hul diere te registreer. Die vorm is beskikbaar by hierdie skakel:

Dié wat verkies om die vorm eerder met die hand te voltooi kan die Dorpskantoor gedurende kantoorure besoek om dit persoonlik in te vul. Die voltooiing van hierdie vorm is slegs verpligtend waar die maksimum getalle oorskry word. Diegene wat minder as die maksimum aantal diere aanhou is welkom om ook hul diere op die databasis te registreer vir gemoedsrus in geval hulle troeteldiere sou wegraak.

Vir diegene wat die getalle oorskry versoek ons dat u asseblief vir elke troeteldier ’n aparte vorm invul voor of op Vrydag 15 November 2024. Na afloop van daardie datum sal ons reëlings tref vir die inplanting van die mikroskyfies. Indien u diere reeds voorheen mikroskyfies ontvang het is dit natuurlik nie nodig dat hulle weer ingeplant word nie. Dit is egter verpligtend om steeds die vorm te voltooi vir rekorddoeleindes.

Let asseblief daarop dat ons op hierdie stadium gaan fokus op honde. Hoewel daar ook ’n vorm ingevul moet word vir elke kat sal ons tans nie die katte mikroskyfie nie behalwe op ’n vrywillige basis.

Proses vir die betaling van mikroskyfies:

1. Betalings (R115 insluitende BTW per dier) kan by die Orania Poskantoor gemaak word – kontant of per kaart.

2. ’n Kwitansie word uitgereik as bewys van betaling.

3. Die kwitansie moet getoon word tydens die inplanting van mikroskyfies (datums sal mettertyd aangekondig word).

4. Geen betalings sal ontvang word op die perseel waar die skyfies ingeplant word nie.

5. Die koste van die skyfies kan ongelukkig nie by die diensterekeninge gevoeg word nie.

Ons bedank elkeen vir hul samewerking in hierdie verband. Dit is ‘n kenmerk van ’n geordende gemeenskap dat die aanhou van troeteldiere op ’n verantwoordelike en volhoubare basis geskied. Hierdie veldtog is tot voordeel van ons almal en bo en behalwe die beheer van getalle kan ons ook hiermee enige diere wat sou wegraak baie makliker opspoor as voorheen.

Vir enige vrae of onduidelikhede, kontak gerus vir Marieta Pringle by 051 307 0063.

Dieresorg groete,

Arno Lambrechts

Hoof : Gemeenskapsdienste

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

008/2025
(Uitgereik op: 22 January, 2025)
Ingenieursdiente
007/2025
(Uitgereik op: 22 January, 2025)
Uitvoerende Hoof
006/2025
(Uitgereik op: 21 January, 2025)
Ingenieursdiente
005/2025
(Uitgereik op: 20 January, 2025)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

24
Jan
Friday 24 January, 2025
- 24 January, 2025
7:00 pm
24
Jan
Friday 24 January, 2025
27
Feb
Thursday 27 February, 2025
- 6 April, 2025
Algemeen
21
Mar
Friday 21 March, 2025
Algemeen

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…