STORTINGSTERREIN SAL GESLUIT WEES OP VRYDAG, 10 OKTOBER 2025
Uitgereik op: 7 October 2025
Ingenieursdiente
0
STORTINGSTERREIN SAL GESLUIT WEES OP VRYDAG, 10 OKTOBER 2025
187/2025
7 Oktober 2025
Geagte Oraniërs,
STORTINGSTERREIN SAL GESLUIT WEES OP VRYDAG, 10 OKTOBER 2025
Aangesien eerskomende Vrydag, 10 Oktober, ‘n publieke vakansiedag is in Orania (Heldedag), sal die stortingsterrein gesluit wees en geen publieke toegang daartoe sal moontlik wees nie.
Ons moedig dus inwoners aan om te vergeet van vullis en om eerder te kom deel in al die pret by die Karnaval, waartoe toegang op Vrydag heeltemal gratis is!
Die stortingsterrein sal op Saterdag weer oop wees vir gewone ure, tussen 11:00 en 15:00.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof – Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/