035/2026
27 Maart 2026
Geagte Oraniërs,
SWEMBAK MAAK TOE VIR DIE WINTER
Opsomming : Die dorpswembad se laaste dag voor dit sluit vir die winter sal 4 April wees.
Die winter kruip alweer nader, en so kom ons swemseisoen dan ook eersdaags tot ’n einde. Ons laaste swemdag sal wees op Saterdag, 4 April (10:00 tot 19:00).
Namens die personeel van die Dorpsraad wil ons ’n woord van hartlike dank uitspreek aan almal wat die afgelope somer saam met ons langs die koel, blou water gekuier het. Van my kant af ook ’n spesiale woord van dank aan Mari en Nico, wat die kiosk so flink beman het. Nico-hulle se kiosk sal steeds gedurende die wintermaande oop wees, so ondersteun hulle gerus vir puik waarde vir geld.
Zayn de Vries, wat baie laat aande en vroeë oggende moes opoffer om te sorg dat ons swembad die skoonste en mooiste in die hele land is, was soos altyd ’n staatmaker. My opregte dank ook aan ons lewensredders wat lang ure in die son moes diens doen. Hulle verrig ongelooflik verantwoordelike en noodsaaklike werk en kry nie altyd die erkenning wat hulle toekom nie.
Ons beplan om hierdie komende winter heelwat verbeterings en opgraderings aan die swembad aan te bring, en ons sien daarna uit om dit, DV, vroeg in Oktober, wanneer die swembad weer oopmaak, met u te deel.
Die Orania-dorpswembad is tog iets wat ons saambind en ons kan almal dankbaar wees dat ons Hemelse Vader ons as gemeenskap so ryklik seën.
Tot volgende somer dan!
Arno Lambrechts
Hoof : Gemeenskapsdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…