177/2024

TERUGVOER AAN GEMEENSKAP NA AFLOOP VAN ONLANGSE VEILIGHEIDSGESPREK

Uitgereik op: 21 November 2024
Orania Veiligheidsdienste

0

TERUGVOER AAN GEMEENSKAP NA AFLOOP VAN ONLANGSE VEILIGHEIDSGESPREK

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

TERUGVOER AAN GEMEENSKAP NA AFLOOP VAN ONLANGSE VEILIGHEIDSGESPREK

Opsomming : Tydens ‘n onlangse gesprek met die gemeenskap het die hoof van OVD die veiligheidswaardering vir Orania, asook die raamwerk waarbinne die veiligheidsplan opgedateer is, bespreek. Daar is ook ‘n beroep gedoen op die gemeenskap om as vrywilligers by die dorp se veiligheidsstrukture betrokke te raak.

Ons wil hiermee graag opsommende terugvoer gee oor die gespreksgeleentheid wat op 31 Oktober 2024 tussen Orania Veiligheidsdienste (OVD) en die gemeenskap plaasgevind het. Tydens daardie gesprek is die nuwe veiligheidswaardering vir die gebied waarin die dorp Orania val, asook die gevolglike ontwikkeling van ‘n opgedateerde veiligheidsplan, bespreek. Die veiligheidswaardering en gepaardgaande veiligheidsplanne bepaal hoe OVD se hulpbronne aangewend word.

Die mees waarskynlike tipes veiligheidsinsidente wat in die veiligheidswaardering geïdentifiseer is, in oorleg met gepaste instansies en die SAPD, is ;

(1) plaasaanvalle/plaasmoorde,

(2) wegholbrande in die omgewing en selfs in die dorp en

(3) georganiseerde misdaad.

Hoewel Orania se veiligheidsplan ‘n wye verskeidenheid moontlike bedreigings dek, word daar veral op hierdie mees waarskynlike risiko’s gefokus.

Die veiligheidsoefening wat op 26 Oktober plaasgevind het, het byvoorbeeld amper al hierdie punte gedek deur ‘n fiktiewe bende-aanval in die dorp te simuleer, wat ook brandstigting ingesluit het. In ooreenstemming met die veiligheidsplan is daar onmiddellik ‘n Gesamentlike Operasionele Sentrum (GOS) gestig om die reaksie op die insident te koördineer. Die nagebootste situasie is effektief en spoedig hanteer. Soos altyd, in die gees van aanhoudende verbetering, is daar ook sekere aanpassings vir die toekoms geïdentifiseer en reeds geïmplementeer.

Tydens die gesprek het Ettiene de Lange ook benadruk dat OVD graag saam met die gemeenskap werk, aangesien dit die beste manier is om ‘n veiligheid vir almal te verseker en dit is veral belangrik in Orania, met sy unieke aard waar mense selfwerksaam is en verantwoordelikheid neem vir hul eie omstandighede. Vrywilligers word dus sterk aangemoedig om OVD te kontak en by die veiligheidstrukture betrokke te raak, in rolle wat nie noodwendig enige spesifieke fisiese vermoëns vereis nie.

U is, soos altyd, welkom om hierdie aangeleentheid (of enige ander kwessie) met die Dorpsraad te bespreek deur die volgende skakel te volg:

Vriendelike groete,

Ettiene De Lange

Hoof : OVD

Filters

Kennisgewings Date Rage Filter
Kennisgewings Type Checkbox Filter
Vloedrisikovlakke
Vloedrisikovlakke

Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd

Kalendar Agemene gebeure Checkbox Filter
Kalendar Tersiêre Instellings Checkbox Filter
Kalendar Feeste Checkbox Filter
Kalendar Gemeenskapsprojekte Checkbox Filter
Kalendar Karnaval Checkbox Filter
Kalendar Kerke Checkbox Filter
Kalendar Kultuur Checkbox Filter
Kalendar Markte Checkbox Filter
Kalendar Musiek Checkbox Filter
Kalendar Orania Vakansiedae Checkbox Filter
Kalendar SA Vakansies Checkbox Filter
Kalendar Skole Checkbox Filter
Kalendar Sport Checkbox Filter
Kalendar Vergaderings Checkbox Filter
Orientering Checkbox Filter
Kalendar Ander Checkbox Filter

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

017/2026
(Uitgereik op: 16 February, 2026)
Ingenieursdiente
016/2026
(Uitgereik op: 16 February, 2026)
Uitvoerende Hoof
015/2026
(Uitgereik op: 13 February, 2026)
Gemeenskapsdienste
014/2026
(Uitgereik op: 10 February, 2026)
Beplanning en Grondgebruik

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

19
Feb
Thursday 19 February, 2026
- 19 February, 2026
6:00 pm
20
Feb
Friday 20 February, 2026
- 20 February, 2026
6:00 pm
7
Mar
Saturday 7 March, 2026
- 7 March, 2026
8:00 am
27
Mar
Friday 27 March, 2026
- 29 March, 2026
17
Apr
Friday 17 April, 2026
- 18 April, 2026
12:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…