086/2025
28 April 2025
Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
TERUGVOER OOR MENINGSOPNAME ONDER HELE ORANIA GEMEENSKAP
Opsomming: Daar sal op Dinsdag, 6 Mei 2025, publieke terugvoer gegee word oor die uitslag van die anonieme meningsopname wat in Februarie onder die hele Orania gemeenskap gedoen is.
Mense sal onthou dat daar in Februarie hierdie jaar ‘n anonieme meningsopname gedoen is onder die hele Orania gemeenskap, wat grotendeels ten doel gehad het om mense se sentiment te bepaal teenoor verskillende aspekte van die dorp en veral van die Dorpsraad se werksaamhede en bestuur ens. Ons wil graag hiermee ‘n geleentheid skep waar die uitslae van hierdie opname in die publiek bespreek gaan word en waar vrae daaroor beantwoord kan word.
Datum : 6 Mei 2025
Tyd : 17:00 vir 17:15 tot ongeveer 19:00
Plek : BKO Ouditorium
Vir diegene wat belangstel, kan u alreeds voor die tyd na die basiese uitslae van die opname kyk deur die skakel hieronder te volg, maar tydens die geleentheid sal heelwat meer detail gegee word en interessante korrelasies tussen verskillende vrae sal uitgewys word. Die statistiese geloofwaardigheid van die steekproef wat deur hierdie opname geneem is, sal ook bespreek word.
https://myorania.co.za/wp-content/uploads/Alle-uitslae-opgesom.xlsx
Indien iemand spesifieke vrae het wat hulle voor die tyd reeds onder ons aandag wil bring, sodat dit tydens die geleentheid beantwoord kan word, is u welkom om dit na burger@myorania.co.za te stuur.
Vriendelike groete,
Burger Lambrechts
Orania Dorpsraad : Kommunikasiebeampte
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…