129/2025
7 Julie 2025
TERUGVOER OOR OPENBARE DEELNAMEPROSES OOR PRES. KRUGER-STANDBEELD
Opsomming: Na afloop van ’n openbare deelnameproses en die betrokkenheid van die Grondgebruikbestuurskomitee (GGBK) en die Orania Grondgebruiktribunaal (OGT), het die OAB-direksie die oprigting van die Pres. Kruger-standbeeld – ’n projek wat in geheel deur die Orania Ontwikkelingsmaatskappy (OOM) gedryf en befonds word – goedgekeur.
As agtergrond kan genoem word dat daar in 2024 ’n openbare deelnameproses was oor die voorgestelde ontwikkeling van ’n nuwe stadskern deur OOM. Na verskeie verdere openbare gesprekke wat intussen daaroor gehou is, was daar tussen 5 en 26 Junie 2025 weer ’n openbare deelnameproses – dié keer spesifiek oor die Pres. Kruger-standbeeld wat deur die ontwikkelaar, OOM, voorgestel is om deel van die projek uit te maak.
Van die insette wat gelewer is tydens die openbare deelnameproses was besonder weldeurdag en het temas ingesluit soos dat die voetstuk se ontwerp verander moet word; dat daar nie ’n direkte historiese verband tussen Pres. Kruger en Orania bestaan nie (en dat ’n standbeeld van ’n ander persoon dalk meer gepas sou wees); dat die geld beter aangewend kon word; dat ’n standbeeld in beginsel onvanpas is; ens.
Die ontwikkelaar, OOM, het ook ‘n motivering en begronding vir die projek voorgelê, wat by die volgende skakel besigtig kan word. https://myorania.co.za/wp-content/uploads/Oprigting-van-Kruger-beeld-in-Orania-skrywe-aan-Tribunaal.pdf
Alle insette is deur die GGBK oorweeg, en die OGT – ’n onafhanklike liggaam wat uit verteenwoordigers van al die grondentiteite bestaan – het na die grondgebruikaspek daarvan gekyk, waarna beide instellings se aanbevelings aan die direksie van die OAB voorgelê is. Met inagneming van al hierdie insette het die direksie laas week hul finale goedkeuring vir die projek gegee.
Daar word uitgesien na die oprigting van hierdie landmerk in Orania!
Vriendelike groete,
Cobus Pretorius
Hoof : Beplanning en Grondgebruik
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…