068/2026
27 Mei 2026
Geagte Oraniërs,
UITNODIGING AAN INWONERS OM VRYDAG NA DIE WATERVLEUEL SE OEFENING TE KOM KYK
Opsomming : Daar sal eerskomende Vrydag (29 Mei 2026) om 16:30 ’n lewendige oefening van die Watervleuel op die rivier gehou word, en inwoners word genooi om dit vanaf die Vluytjieskraal-brug te kom besigtig.
Die gemeenskap word hartlik uitgenooi na die Orania Weerbaarheidsvereniging (OWV) se jaarlikse openbare veiligheidsoefening, wat komende Vrydag, 29 Mei 2026, om 16:30 vanaf die Vluytjieskraal-Noord-brug besigtig kan word. Dit sal goed wees as toeskouers beplan om teen ongeveer 16:15 reeds te arriveer, sodat die strekking van die oefening vooraf kortliks aan hulle verduidelik kan word en hulle niks mis wanneer dit om 16:30 begin nie.
Die hoë riviervlak is ideaal vir ’n wateroefening, en die brug gaan vir toeskouers ’n baie goeie uitsig bied.
Ons versoek dat toeskouers langs die pad parkeer (die gras langs die pad sal vooraf gesny word) en dan te voet tot op die brug stap. Daar sal ook OWV-vrywilligers op die brug wees met radio’s, wat dit vir toeskouers moontlik sal maak om die gesimuleerde situasie reg te verstaan en die verloop van die oefening goed te volg.
Wees asseblief versigtig vir normale voertuigverkeer op die brug.
Vriendelike groete,
Theuns Wessels
OWV Bestuurder
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…