048/2026
21 April 2026
Geagte Oraniërs,
VAKANTE BETREKKING AS BUITESPAN TEGNIESE VOORMAN IN DIE DORPSRAAD SE GEMEENSKAPSDIENSTE
Opsomming : Daar is ‘n pos beskikbaar as Buitespan Tegniese Voorman in die afdeling Gemeenskapsdienste by die Orania Dorpsraad en die aansoeke daarvoor sluit Vrydag, 8 Mei 2026.
Oor die pos
Die Gemeenskapsdienste: Buitespan Tegniese Voorman is in diens van Orania Dorpsraad, ’n dinamiese instelling wat groei en streef na uitnemende dienslewering, funksionaliteit, netheid en estetiese versorging.
Die suksesvolle aansoeker sal die Operasionele Bestuurder ondersteun met die beplanning, uitvoering en toesig van werksaamhede binne die Buitespan, en toesien dat take volgens prioriteit, instruksie, kwaliteitstandaarde en veiligheidsvereistes uitgevoer word.
Vernaamste verantwoordelikhede
• Organiseer, ken toe en volg daaglikse take op.
• Hou toesig oor personeel en werkstandaarde.
• Verseker nakoming van prosedures en veiligheidsmaatreëls.
• Monitor gehalte en stel afwykings reg.
• Hou rekord van aktiwiteite, materiaal en taakvordering.
• Help met die identifisering en oplossing van praktiese tegniese probleme.
• Sorg dat toerusting en werkareas netjies, veilig en bruikbaar bly.
• Gee terugvoer aan die Operasionele Bestuurder.
• Verrig enige ander redelike taak soos verlang.
Vereistes vir ’n suksesvolle aansoeker
• Sterk verbintenis tot die strewe van Orania en die beginsels van selfstandigheid, selfwerksaamheid en trotse Afrikanerskap.
• Vermoë om onder druk te werk en by spertye te hou.
• Goeie menseverhoudinge, leierskap en spanwerk.
• Goeie organisatoriese vermoë en selfdissipline.
• Bewese tegniese aanleg en praktiese probleemoplossingsvermoë.
• Kennis van algemene instandhouding, bouwerk, besproeiing en toerusting.
• Vermoë om administrasie en verslagdoening netjies te hanteer.
• Geldige bestuurderslisensie.
• Verblyfreg.
Aanbevelings
Voorkeur sal gegee word aan kandidate met ondervinding in toesighouding, terrein- of fasiliteitsinstandhouding, en praktiese kennis van toerusting, besproeiing, bou- en herstelwerk.
Aansoekproses
Aansoeke moet voor of op Vrydag 8 Mei 2026 om 16:30 by die Dorpskantoor in Orania ingedien word, of per e-pos gestuur word aan otto@myorania.co.za. Slegs aansoeke in Afrikaans sal oorweeg word.
Diensaanvaarding: 15 Mei 2026 of so gou moontlik.
Vriendelike groete,
Arno Lambrechts
Hoof : Gemeenskapsdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…