Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
VAKANTE POS AS JUNIOR IT-TEGNIKUS BY DIE ORANIA DORPSRAAD
Opsomming : Daar is ‘n vakante pos as Junior Informasietegnologietegnikus (IT-tegnikus) by die Orania Dorpsraad en die aansoeke daarvoor sluit op 10 Januarie 2025.
Oor die pos
Die Junior IT-Tegnikus sal in diens wees van Orania Dorpsraad, ʼn dinamiese instelling wat groei en strewe om op die voorpunt van dienslewering te wees. Hy/sy sal diens lewer aan al die filiaalmaatskappye van die Dorpsraad van Orania en verantwoordelikheid neem vir die volgende:
• Gebruikerrekenaars opstel, in stand hou, diens, programmatuur op datum hou en gebruikers oplei
• Kabelnetwerke installeer en uitbrei
• Kabellose-netwerke (WiFi) installeer, in stand hou en uitbrei
• Moniteringskameras (kringkameras) installeer, onderhou en kamera-netwerke uitbrei, sowel as beheerkamer ondersteuning
• VOIP-telefoonstelsel, onderhou, optimaliseer en uitbrei
• Bediener: rugsteun, anti-virus programmatuur in stand hou, algemene programmatuur op datum hou
• Netwerkdrukkers in stand hou
• IT-verwante aankope
Vereistes vir ʼn suksesvolle aansoeker
Die ideale kandidaat vir bogenoemde pos moet oor die volgende beskik:
• ʼn Sterk verbintenis tot die strewe van Orania en ʼn verbintenis tot die beginsels van selfstandigheid, selfwerksaamheid en trotse Afrikanerskap soos in Orania beoefen
• ʼn Toepaslike naskoolse kwalifikasie en twee jaar se vorige ondervinding in die Informasie Tegnologie-veld sal voordelig wees, maar is nie ‘n vereiste nie
• IT Tegnikus-sertifisering sal ʼn sterk aanbeveling wees (bv. CompTIA A+, N+)
• Moet onder druk kan funksioneer en by doeldatums kan hou
• Moet in besit wees van ʼn geldige bestuurderslisensie.
• Goeie administratiewe vaardighede
• Die vermoë om goeie menseverhoudinge te handhaaf
• ʼn Sin vir deeglikheid en konsekwente optrede
• Verblyfreg in Orania
• Inligting vertroulik hanteer
• Werk op hoogtes
Aansoekproses
Aansoeke moet voor of op Vrydag 10 Januarie 2025 om 16:30 by die Dorpskantoor in Orania ingedien word, of kan per e-pos gestuur word aan theunie@myorania.co.za . Slegs aansoeke in Afrikaans sal oorweeg word.
Vir verdere navrae kan Theunie Kruger by 053 207 0063 geskakel word, of kan van die volgende skakel gebruik gemaak word om die Dorpsraad oor enige onderwerp te kontak.
Die uwe ,
Theunie Kruger
Hoof : Bedryfstelsels en Outomatisering
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…