197/2024

VAKANTE POS AS JUNIOR IT-TEGNIKUS BY DIE ORANIA DORPSRAAD

Uitgereik op: 18 December 2024
Outomatisering en Digitalisering

0

VAKANTE POS AS JUNIOR IT-TEGNIKUS BY DIE ORANIA DORPSRAAD

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

VAKANTE POS AS JUNIOR IT-TEGNIKUS BY DIE ORANIA DORPSRAAD

Opsomming : Daar is ‘n vakante pos as Junior Informasietegnologietegnikus (IT-tegnikus) by die Orania Dorpsraad en die aansoeke daarvoor sluit op 10 Januarie 2025.

Oor die pos

Die Junior IT-Tegnikus sal in diens wees van Orania Dorpsraad, ʼn dinamiese instelling wat groei en strewe om op die voorpunt van dienslewering te wees. Hy/sy sal diens lewer aan al die filiaalmaatskappye van die Dorpsraad van Orania en verantwoordelikheid neem vir die volgende:

• Gebruikerrekenaars opstel, in stand hou, diens, programmatuur op datum hou en gebruikers oplei

• Kabelnetwerke installeer en uitbrei

• Kabellose-netwerke (WiFi) installeer, in stand hou en uitbrei

• Moniteringskameras (kringkameras) installeer, onderhou en kamera-netwerke uitbrei, sowel as beheerkamer ondersteuning

• VOIP-telefoonstelsel, onderhou, optimaliseer en uitbrei

• Bediener: rugsteun, anti-virus programmatuur in stand hou, algemene programmatuur op datum hou

• Netwerkdrukkers in stand hou

• IT-verwante aankope

Vereistes vir ʼn suksesvolle aansoeker

Die ideale kandidaat vir bogenoemde pos moet oor die volgende beskik:

• ʼn Sterk verbintenis tot die strewe van Orania en ʼn verbintenis tot die beginsels van selfstandigheid, selfwerksaamheid en trotse Afrikanerskap soos in Orania beoefen

• ʼn Toepaslike naskoolse kwalifikasie en twee jaar se vorige ondervinding in die Informasie Tegnologie-veld sal voordelig wees, maar is nie ‘n vereiste nie

• IT Tegnikus-sertifisering sal ʼn sterk aanbeveling wees (bv. CompTIA A+, N+)

• Moet onder druk kan funksioneer en by doeldatums kan hou

• Moet in besit wees van ʼn geldige bestuurderslisensie.

• Goeie administratiewe vaardighede

• Die vermoë om goeie menseverhoudinge te handhaaf

• ʼn Sin vir deeglikheid en konsekwente optrede

• Verblyfreg in Orania

• Inligting vertroulik hanteer

• Werk op hoogtes

Aansoekproses

Aansoeke moet voor of op Vrydag 10 Januarie 2025 om 16:30 by die Dorpskantoor in Orania ingedien word, of kan per e-pos gestuur word aan theunie@myorania.co.za . Slegs aansoeke in Afrikaans sal oorweeg word.

Vir verdere navrae kan Theunie Kruger by 053 207 0063 geskakel word, of kan van die volgende skakel gebruik gemaak word om die Dorpsraad oor enige onderwerp te kontak.

Die uwe ,

Theunie Kruger

Hoof : Bedryfstelsels en Outomatisering

Filters

Kennisgewings Date Rage Filter
Kennisgewings Type Checkbox Filter
Vloedrisikovlakke
Vloedrisikovlakke

Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

046/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Inligting en Skakeling
045/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Ingenieursdiente
044/2026
(Uitgereik op: 15 April, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…