020/2026

VAKANTE POS AS NETWERK- EN STELSELADMINISTRATEUR

Uitgereik op: 20 February 2026
Outomatisering en Digitalisering

0

VAKANTE POS AS NETWERK- EN STELSELADMINISTRATEUR

020/2026

20 Februarie 2026

Geagte Oraniërs,

VAKANTE POS AS NETWERK- EN STELSELADMINISTRATEUR

Opsomming : Daar is ‘n pos beskikbaar by die Orania Dorpsraad as netwerk- en stelseladministrateur. Aansoeke sluit op Vrydag, 13 Maart 2026.

Oor die pos:

Die Netwerk- en Stelseladministrateur sal in diens wees van Orania Dorpsraad, ʼn dinamiese instelling wat groei en strewe om op die voorpunt van dienslewering te wees. Die Netwerk- en Stelseladministrateur sal diens lewer aan al die filiaalmaatskappye van die Dorpsraad van Orania en verantwoordelikheid neem vir die volgende:
• Opstel en instandhouding van roeteerders en skakelaars (Routers en switches)
• Opstel, instandhouding en opgradering van bedieners (wolk en plaaslike bedieners)
• Opstel, onderhoud en ontwikkeling van MicroSoft365
• Opstel, onderhoud, opgradering en ontwikkeling van stelselveiligheid
• Opstel en verifiëring van rugsteun van stelsels en opstellings.
• Opstel en onderhoud van telefoonstelsel
• Oudit en verbeter algehele sekuriteit om nuutste aanval tendense hok te slaan
• Opstel, onderhoud en monitering van netwerke
• Administreer en onderhou video bestuur stelsel (VMS) vir beheerkamer kameramonitering

Vereistes vir ʼn suksesvolle aansoeker
Die ideale kandidaat vir bogenoemde pos moet oor die volgende beskik:
• ʼn Sterk verbintenis tot die strewe van Orania en ʼn verbintenis tot die beginsels van selfstandigheid, selfwerksaamheid en trotse Afrikanerskap soos in Orania beoefen
• ʼn Toepaslike naskoolse kwalifikasie en vyf jaar se vorige ondervinding in die Informasie Tegnologie-veld
• Netwerksertifisering sal ʼn sterk aanbeveling wees (bv. CompTIA Netwerk+, Mikrotik)
• Linux ervaring
• Moet onder druk kan funksioneer en by doeldatums kan hou
• Moet in besit wees van ʼn geldige bestuurderslisensie.
• Goeie administratiewe vaardighede
• Die vermoë om goeie menseverhoudinge te handhaaf
• ʼn Sin vir deeglikheid en konsekwente optrede
• Verblyfreg in Orania
• Inligting vertroulik hanteer

Aansoekproses

Aansoeke moet voor of op Vrydag 13 Maart 2026 om 16:30 elektronies of by die Dorpskantoor in Orania ingedien word. Slegs aansoeke in Afrikaans sal oorweeg word. Aansoeke per e-pos kan gestuur word aan: theunie@myorania.co.za .

Skakel Theunie Kruger by 053 207 0063 vir navrae.

Theunie Kruger
Hoof: Bedryfstelsels en Outomatisering

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

023/2026
(Uitgereik op: 6 March, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
022/2026
(Uitgereik op: 5 March, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
021/2026
(Uitgereik op: 23 February, 2026)
Uitvoerende Hoof
020/2026
(Uitgereik op: 20 February, 2026)
Outomatisering en Digitalisering

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

27
Mar
Friday 27 March, 2026
- 29 March, 2026
17
Apr
Friday 17 April, 2026
- 18 April, 2026
12:00 am
15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…