153/2024

VAKANTE POS AS UITVOERENDE HOOF VAN ORANIA HELPMEKAAR

Uitgereik op: 16 October 2024
Algemeen

0

VAKANTE POS AS UITVOERENDE HOOF VAN ORANIA HELPMEKAAR

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

VAKANTE POS AS UITVOERENDE HOOF : ORANIA HELPMEKAAR

Hierdie kennisgewing is nie strenggesproke vanuit die Orania Dorpsraad nie, maar gaan oor ‘n belangrike gemeenskapsorganisasie op Orania. Om bewustheid oor hierdie vakante pos te vergroot, word dit ook deur hierdie kanaal gekommunikeer.

Orania Helpmekaar het tans ʼn voltydse pos vir ‘n uitvoerende hoof beskikbaar. Die pos is gesetel te Orania in die Noord-Kaap

Meer oor die instelling:

• Orania Helpmekaar se visie is om mee te werk aan ‘n roepingsbewuste, gesonde en lewenskragtige gemeenskap in Orania, waar mede-Afrikaners op ‘n Christelike grondslag vir hulself, hul eie gesinne en vir mekaar verantwoordelikheid neem.

• Orania Helpmekaar is ‘n gemeenskapsontwikkelingsinstelling waarvan die werksaamhede geskoei is op ‘n maatskaplike grondslag.

Die persoon sal verantwoordelik wees vir:

• Die ontwikkeling en implementering van die strategiese plan en werkswyses om die visie en missie van die instelling te bevorder.

• Die jaarlikse strategiese begrotingsbeplanning, asook die bestuur en implementering van gesonde finansiële praktyke.

• Die bestuur en strategiese leiding van die instelling om Orania Helpmekaar op die voorpunt te plaas van die beste praktyke met betrekking tot die aanspreek van maatskaplikgebaseerde gemeenskapsontwikkeling, asook die maatskaplike statutêre proses.

• Die bou en bevordering van ’n sterk, positiewe beeld van Orania Helpmekaar deur middel van die ontwikkeling en implementering van effektiewe interne en eksterne kommunikasiestrategieë, insluitend bemarking en fondswerwing.

Die volgende vaardighede en eienskappe sal die aansoek groter gewigtigheid gee:

• Leierskapsvaardighede

• ‘n Liefde en aanvoeling vir gemeenskapsontwikkeling en maatskaplike kwessies

• Vyf tot tien jaar werksondervinding in ‘n gemeenskapsontwikkelingsomgewing waarvan ten minste vyf jaar in ‘n bestuursposisie was

• Besonder goeie rekenaarvaardighede, insluitend die gebruik van die Microsoft Office-pakket

• Sterk bemarking- en fondsinsamelingsvaardighede

• Goeie personeelbestuursvaardighede

• Sterk organiseringsvaardighede om projekte, inisiatiewe en die instelling (in geheel) gelyktydig te bestuur

• Vaardigheid in die bestuur van netwerke en vennootskappe

• Uitstekende mondelinge en skriftelike kommunikasievaardighede

• Goeie interpersoonlike vaardighede.

Aansoeke vir die pos sluit op Maandag 28 Oktober 2024 om 16:30. Aansoeke, met ‘n kort CV (geen sertifikate nie), kan gestuur word aan ontvangs@ontwikkelorania.co.za. Rig navrae aan Frans de Klerk by frans@ontwikkelorania.co.za.

Aansoekers wat nie binne twee weke na die sluitingsdatum vir aansoeke terugvoer ontvang het nie, kan aanvaar dat hulle aansoek onsuksesvol was. Die suksesvolle aansoeker moet op Orania in die Noord-Kaap vestig. ‘n Verblyfreg proses is ter sake.

Orania Helpmekaar besonderhede : Tel : +27 53 207 0239 Adres : Olienhoutrylaan S068, Orania, 8752

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

004/2025
(Uitgereik op: 13 January, 2025)
Ingenieursdiente
003/2025
(Uitgereik op: 10 January, 2025)
Beplanning en Grondgebruik
002/2025
(Uitgereik op: 8 January, 2025)
Ingenieursdiente
001/2025
(Uitgereik op: 6 January, 2025)
Inligting en Skakeling

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

18
Jan
Saturday 18 January, 2025
Algemeen
24
Jan
Friday 24 January, 2025
- 24 January, 2025
7:00 pm
24
Jan
Friday 24 January, 2025
27
Feb
Thursday 27 February, 2025
- 6 April, 2025
Algemeen

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…