225/2025

VAKANTE POS BY ORANIA DORPSRAAD – AFDELINGSHOOF: ELEKTRIES

Uitgereik op: 3 December 2025
Ingenieursdiente

0

VAKANTE POS BY ORANIA DORPSRAAD – AFDELINGSHOOF: ELEKTRIES

225/2025

3 Desember 2025

Geagte Oraniërs,

VAKANTE POS BY ORANIA DORPSRAAD – AFDELINGSHOOF: ELEKTRIES

Opsomming : Aansoeke word aangevra vir iemand om die pos te vul as afdelingshoof vir die elektriese span van Orania Dorpsraad se Ingenieursdienste. Sluitingsdatum is 16 Januarie 2026.

Oor die pos
Die hoof van die elektriese afdeling is verantwoordelik vir die volgende:
• Bestuur van die eletriese netwerk (laag en medium spanning),
• Bestuur en beheer van die kragvoorsiening tussen ESKOM en die Orasol battery,
• Konstruksie en uitbreiding van die elektriesenetwerk,
• Geskeduleerde onderhoud en herstelwerk aan die bestaande elektriese netwerk en terreine,
• Afteken van privaat sonkrag stelsels wat aan die Dorpsraad se netwerk gekoppel is.

Vereistes van suksesvolle aansoeker
Die ideale kandidaat vir bogenoemde pos moet:
• Minstens 10 jaar toepaslike ondervinding as gekwalifiseerde (rooi seël) elektrisiën hê,
• Bedradingslisensie hê – ten minste installasie elektrisiën (verskaf IE nommer) of Meester elektrisiën (verskaf MIE nommer),
• Kabelterminasie en las kwalifikasie hê,
• Ervaring in MV skakeltuig en skakelprosedure (22kV) hê,
• PV “greencard” of PV installeerder sal voordelig wees, maar is nie ʼn vereiste nie,
• Verantwoordelikheid kan neem om projekte en die afdeling te bestuur om doeldatums te haal,
• Die vermoë hê om mense te kan motiveer en goeie spanwerk te bevorder,
• ‘n Sterk verbintenis hê tot die strewe van Orania en ‘n verbintenis tot die beginsels van selfstandigheid, selfwerksaamheid en trotse Afrikanerskap soos in Orania beoefen,
• Verblyfreg in Orania hê.

Aansoekproses
Aansoeke moet voor of op Vrydag 16 Januarie 2026 om 16:30 by die Orania Dorpskantoor ingedien word of na andre@myorania.co.za gestuur word. Andre van Heerden kan by 053 207 0064 geskakel word vir verdere navrae.

Vriendelike groete,

Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Filters

Kennisgewings Date Rage Filter
Kennisgewings Type Checkbox Filter
Vloedrisikovlakke
Vloedrisikovlakke

Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

046/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Inligting en Skakeling
045/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Ingenieursdiente
044/2026
(Uitgereik op: 15 April, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…