010/2026
3 Februarie 2026
Geagte Oraniërs,
VAKANTE POS – PERSOONLIKE ASSISTENT TOT DIE UITVOERENDE HOOF
Opsomming : Let asseblief op die volgende pos wat beskikbaar is by die Dorpsraad.
Oor die pos
Die Orania Dorpsraad is ʼn dinamiese instelling wat groei en daarna strewe om op die voorpunt van vriendelike dienslewering te wees. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees om die kantoor by te staan met die volgende:
* Persoonlik assistent tot die Uitvoerende Hoof, wat onder andere (1) algemene administrasie, (2) koördinering en reël van afsprake en ontmoetings en ook (3) enige ander redelike take soos deur Uitvoerende Hoof versoek, sal insluit.
* Bestuur en besprekings van Dorpsraadgeriewe
* Bestuur en besprekings van grafte
* Ondersteuning aan ontvangsdame
* Bestuur en bestellings van gebottelde Orania Kraanwater
* Bestuur en besprekings van Orania Karnavalstalletjies
* Bestuur van sleutels van Orania Dorpsraadgeriewe
* Orania Dorpsraad voertuigregistrasies en hernuwing van voertuiglisensies
Vereistes vir ʼn suksesvolle aansoek
Die geskikte kandidaat vir bogenoemde pos sal oor die volgende beskik:
* Dienskneg van Jesus Christus
* ʼn Sterk verbintenis tot die selfbeskikkingstrewe van Orania en die beginsels van selfstandigheid, selfwerksaamheid en kulturele Afrikanerskap.
* Minimum van drie jaar ondervinding in ʼn soortgelyke administratiewe / sekretariële omgewing
* Goeie rekenaarvaardighede, spesifiek Microsoft Office (Excel, Word, ens.)
* Onder druk kan funksioneer en by doeldatums hou
* Uitstekende administratiewe vaardighede
* Goed in ʼn span kan saamwerk
* Netjies voorkoms, hoflik, vriendelik met goeie telefoonetiket
* Vermoë om verskillende take gelyktydig te doen en tyd effektief te bestuur
* Die vermoë om goeie menseverhoudinge te handhaaf
* Veblyfreg in Orania
Aansoekproses
Aansoeke in Afrikaans moet voor of op 27 Februarie 2026 om 16:30 by die Orania Dorpskantoor ingedien word. Skakel Gawie Snyman by 053 207 0063 vir navrae. Aansoeke kan per e-pos of harde kopie ingedien word. Stuur e-posaansoeke aan inligting@myorania.co.za.
Vriendelike groete,
Gawie Snyman
Dorpsraad : Uitvoerende Hoof
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…