Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
VERDERE REËLINGS OOR NEON-NAGDRAF OP 26 SEPTEMBER
Opsomming : Elektriese bussie is gratis beskikbaar vir toeskouers tydens die Neon-Nagdraf.
As deel van Orania Karnaval 2024, vind die Neon-Nagdraf vanaand, Donderdag 26 September, plaas. Ons wil hiermee die belangrikste punte daaromtrent herhaal en ook iets nuuts bekendstel.
Die nuwe nuus is dat Oom Jannie Roux goedgunstiglik aangebied het om een van sy elektriese bussies gratis beskikbaar te maak, sodat toeskouers ook kan deel in die pret. As daar dus mense is wat nie self kan deelneem nie, maar tog graag wil sien hoe gloei die drawwers onder die ligte, kan hulle gerus van hierdie geleentheid gebruik maak. Die bussie sal voor die wegspring by die sportgronde wees.
Algemene reëlings
Plek : Begin- en eindpunt is die sportgronde.
Tyd : Sportgronde se hekke open 18h00 en die Nagdraf spring 19h00 weg.
Roete : Padlangs op tot by Gemsbok Sportinstituut (via meester-se-draai) en dan af by die kaalvoettrappe en terug sportgronde toe.
Tyd : 19h00
Koste : Φ50 per volwassene en Φ30 per kind onder 12. Kaartjies is beskikbaar voor die wegspring by die sportgronde.
Vriendelike groete,
Arno Lambrechts
Karnavalmeester
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…