110/2025

VERHOGING IN ELEKTRISITEITSTARIEWE

Uitgereik op: 5 June 2025
Korporatiewe Dienste

0

VERHOGING IN ELEKTRISITEITSTARIEWE

110/2025

5 Junie 2025

Geagte aandeelhouers en inwoners,

VERHOGING IN ELEKTRISITEITSTARIEWE

Opsomming: Vind asseblief hiermee inligting oor ‘n effektiewe verhoging van ongeveer 4% in elektrisiteitskostes in Orania, wat dadelik in werking tree.

Eskom het in April 2025 ‘n 12.74% verhoging in elektrisiteitstariewe aangekondig, maar het nie deeglik gekommunikeer dat hulle struktuur van fakturering totaal gaan verander nie. Alhoewel hulle hul vaste kostes verlaag het, het hulle hul verbruikstariewe drasties verhoog. Gegewe Orania se verbruikspatrone t.o.v. elektrisiteitsverbruik, het dit ’n aansienlike negatiewe effek op OAB se Eskomrekening gehad.

Eskom se verbruikstariewe (ingesluit die vaste komponent daaraan gekoppel) het soos volg jaar op jaar gestyg vir onderskeidelik somer- en wintertariewe:

Somertariewe (wat 9 maande van die jaar van toepassing is)
Groentyd : 28.8% styging
Geeltyd : 13.3% styging
Rooityd : 35.3% styging

Wintertariewe (wat 3 maande van die jaar van toepassing is)
Groentyd : 14.2% styging
Geeltyd : 5.9% daling
Rooityd : 10.5% styging

Bogenoemde stygings en dalings in Eskom se verbruikstariewe het (bereken oor ‘n 12 maande periode se verbruikspatrone vir Orania) effektiewelik ‘n 17% styging in koste tot gevolg, teenoor die 12.74% wat hulle aangekondig het. Dit het Orania Dorpsraad genoodsaak om die elektrisiteitstariewe, soos in April 2025 deurgegee, te hersien. Aangesien daar alreeds in April ‘n verhoging van 9% deurgegee is, word ‘n verdere verhoging van 8% nou aangekondig om die effek van die styging aan Eskom se kant te ondervang (maar ‘n verlaging in Batteryheffing wat hieronder verduidelik word, maak die effektiewe verhoging omtrent 4%).

Met bogenoemde in ag geneem, sien Orania se verhoogde tariewe vir huishoudings en ander sonerings soos volg daar uit met onmiddellike effek:

1. Aandeelblokke wat primêr vir woondoeleindes gebruik word:
• 1-150 eenhede: Φ3.22/eenheid
• 151-300 eenhede: Φ3.72/eenheid
• Meer as 300 eenhede: Φ4.10/eenheid

2. Aandeelblokke van niewinsgewende instellings (soos bv. skole en kerke):
• Φ3.72/eenheid

3. Alle ander aandeelblokke en aansluitings buite die aandeleblokskema:
• 1-5000 eenhede: Φ4.10/eenheid
• Meer as 5000 eenhede: Φ3.86/eenheid

4. KSIKO Aansluitings:
• Krediettarief: Φ2.22/eenheid
Bogenoemde tariewe sluit BTW in.

BATTERYHEFFING VERLAGING:

In lig van die bogenoemde styging in Eskom se tariewe en daarby ook die aankoopprys van elektrisiteit by Orasol, kon Orania Dorpsraad suksesvol met Orasol onderhandel om die batteryheffing te verlaag, ten einde ‘n gedeelte van die styging in verbruikstariewe te absorbeer. Derhalwe word die batteryheffing met onmiddelike effek soos volg verlaag:

Huidige heffing/ampère aansluiting: Φ4.99 (BTW ingesluit)
Nuwe heffing/ampère aansluiting: Φ4.42 (BTW ingesluit)

EFFEK OP DIE KOSTE VAN ELEKTRISITEITSVERBRUIK VIR GEMIDDELDE HUISHOUDING

Met die verhoging in elektrisiteitstariewe en gelyktydige verlaging in batteryheffing, is die netto-effek ‘n verhoging van ongeveer 4% in die totale elektrisiteitrekening van ‘n huishouding met ‘n 40A aansluiting wat nie meer as 300 eenhede krag per maand verbruik nie.

Orania Dorpsraad verwag dat Eskom met volgende jaar se verhoging weer aan hulle faktuurstruktuur kan verander, maar is ons (tesame met Orasol se toekomsplanne vir verdere uitbreiding t.o.v. opwekking) daartoe verbind om die styging in elektristeitskoste na inwoners so laag as moontlik te hou. Inwoners word steeds aangemoedig om energie-slim te wees deur effektief met elektrisiteitsverbruik om te gaan en sodoende ook op individuele vlak u uitgawes soveel as moontlik te beperk.

Ons is daarvan bewus dat hierdie skielike aankondiging ‘n moontlike negatiewe impak op verhuurders kan hê wat van koopkrag koepons gebruik maak en reeds eenhede verkoop het. Ons vra om verskoning vir die ongerief, maar beklemtoon dat dit weens faktore buite ons beheer is.

Oraniagroete,

Janneman Roux
Hoof: Korporatiewe Dienste

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

237/2025
(Uitgereik op: 19 December, 2025)
Korporatiewe Dienste
236/2025
(Uitgereik op: 19 December, 2025)
Ingenieursdiente
235/2025
(Uitgereik op: 18 December, 2025)
Orania Veiligheidsdienste
234/2025
(Uitgereik op: 12 December, 2025)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

23
Jan
Friday 23 January, 2026
- 24 January, 2026
12:00 am
30
Jan
Friday 30 January, 2026
- 31 January, 2026
8:00 am
14
Feb
Saturday 14 February, 2026
- 14 February, 2026
8:00 am
20
Feb
Friday 20 February, 2026
- 20 February, 2026
6:00 pm
7
Mar
Saturday 7 March, 2026
- 7 March, 2026
8:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…