Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
VYF AKSIEPUNTE SPRUITENDE UIT DIE GEMEENSKAPSVERGADERING
Opsomming : Na aanleiding van standpunte wat inwoners gelug het tydens die gemeenskapsvergadering op 3 Maart 2025 (oor die hantering van gaste by gastehuise), kan die volgende terugvoer gegee word oor sekere aksiepunte wat deur die Orania Dorpsraad hanteer word:
o Ons het kennis geneem van lede van die gemeenskap se versoek om die huidige verblyfrebeleid te hersien wat lui dat slegs persone wat Orania vir langer as 28 dae per jaar besoek, aansoek moet doen om ‘n permit of verblyfreg. Die aangeleentheid sal na die Verblyfregbeleidskomitee (VBK), die aangewese liggaam met amptelike erkenning van die OVR, verwys word vir verdere oorweging en besinning oor die moontlike vermindering daarvan, aan die hand van hul eie prosesse.
o Ons is besig om ‘n gespreksgeleentheid tussen gastehuiseienaars te fasiliteer om die hantering van hierdie soort uitdagings met mekaar te bespreek en te deel. Daar is meer as 30 geregistreerde besighede in Orania binne die gasvryheidsbedryf, so daar is heelwat mense om daarby te betrek, maar dit sal hopelik binne die volgende week of twee al gebeur. Sommige gastehuiseienaars het reeds aan die Dorpskantoor hulle deelname tot so gesprek bevestig.
o Die Dorpsraad se kommunikasiekanale (bv Telegram) sal beskikbaar gemaak word vir gastehuiseienaars om dit vir hulle makliker te maak om die teenwoordigheid van nie-Afrikaner gaste aan die gemeenskap bekend te maak (volgens die protokol wat hulle self sal ontwikkel tydens die gesprek wat hierbo genoem word). Dit sal dan steeds die besigheid/instelling se verantwoordelikheid wees om om enige navrae uit die gemeenskap in hierdie verband te beantwoord, al word die Dorpsraad se kanale gebruik om te kommunikeer.
o Ondersoek word gedoen na die moontlike daarstel van ‘n bemiddelingsproses waar inwoners ‘n dispuut met ‘n besigheid of instelling kan verklaar waar – alhoewel reëls of beleid nie oortree word nie – die inwoners van mening is dat die goeie samesyn in die gemeenskap deur die besigheidseienaar of instelling ondermyn word. Sou die partye nie tot ‘n skikking begelei kan word nie, kan die bemiddelaar besluit om ‘n gemeenskapsvergadering byeen te roep waar verdere insette uit die gemeenskap gelewer kan word.
o Ons het reeds met SANRAL se hoofingenieur kontak gemaak en hy het bevestig dat die kontrakteurs en padwerkers vir die opgradering van die R369 wat vir 2026 beplan word, óf in Hopetown (vir die Noordelike deel van die R369), óf in Petrusville (vir die Suidelike deel van die R369) gehuisves sal word. Hulle sal dus nie in Orania oorbly en daardeur ons toerismebedryf onbedoeld benadeel nie.
Die Orania Dorpsraad poog om altyd ‘n instelling te wees wat in voeling bly met die gemeenskap se menings en om dit in ag te neem tydens die verantwoordelike bestuur van, en diens aan, die dorp. Die feit dat hierdie aangeleentheid onmiddellik met die bestuur bespreek kon word, dat ‘n gemeenskapsvergadering gereël is waar almal hul opinies kon lug, en dat daar nou daadwerklik opgetree word om die situasie tot ‘n aanvaarbare slotsom te bring, is ‘n bewys daarvan.
U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : $ https://myorania.co.za/kontak-ons/$
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/$
Vriendelike groete,
Lida Strydom
Burgemeester
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…