192/2024

WATERNETWERK : HUIDIGE SITUASIE EN BEPLANNING VIR DIE TOEKOMS

Uitgereik op: 11 December 2024
Ingenieursdiente

0

WATERNETWERK : HUIDIGE SITUASIE EN BEPLANNING VIR DIE TOEKOMS

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

WATERNETWERK : HUIDIGE SITUASIE EN BEPLANNING VIR DIE TOEKOMS

Opsomming : Die waterdruk in groot gedeeltes van Orania is nie na wense op hierdie stadium nie, maar daar bestaan breedvoerige planne vir toekomstige verbetering en die werk daaraan het reeds begin.

Orania en die omliggende omgewing beleef tans baie droë toestande. Die vooruitsigte van reën is skraps en die versengende hitte maak dit nie makliker nie. Die toestande plaas baie druk op Orania se rouwaternetwerk en dit is te verstane dat die gevolglike lae druk by inwoners tot geweldige frustrasie lei.

Afgesien van glo en hoop dat ons binnekort weer goeie reën sal ontvang, is daar nie iets wat die Dorpsraad dadelik kan doen om die situasie op die korttermyn te verbeter nie, maar ons wil wel graag net die toekomstige beplanning hiermee verduidelik en uitwys watter stappe alreeds afgehandel is en waarmee daar tans besig is.

Omdat Orania alle infrastruktuurprojekte self befonds, was die strategie nog altyd om dit wat ons by Waterwese geërf het, so lank as moontlik aan te hou benut en soveel as moontlik vanuit die bestaande hulpbronne te groei. Net soos ons ‘n paar jaar gelede met die rioolwerke net nie meer verder kon gaan op die bestaande stelsels se kapasiteit nie, het ons ook nou met die waternetwerk by daardie punt uitgekom.

Hierdie tipe infrastruktuur uitdagings is ongelukkig deel van Orania se groeipyne, en as deel daarvan is die Dorpsraad besig met die volgende:

• Die opgradering van die S en N blok se drukpompstasie is reeds einde Oktober 2024 voltooi, wat ‘n mate van verligting daar gebring het.

• Fase 1 van die opgradering van die pomplyn vanaf die rivier is hierdie jaar aangepak en sal teen einde Desember 2024 voltooi wees.

• In 2025 beplan ons om die tweede (en finale) fase van die pomplyn te voltooi, wat sal beteken dat ons die damme gemakliker sal kan vol hou. Dit behoort op sigself reeds verligting in waterdruk te bring, selfs sonder die ander verbeterings wat beplan word (soos hieronder uiteengesit).

• Kleingeluk en Orania Wes word die ergste geraak deur die swak waterdruk en daarom begin ons reeds volgende jaar met ‘n eerste fase om die toevoer na Kleingeluk (paralel met Aalwynstraat) op te gradeer. Dit sal die waterdruk in Kleingeluk begin verbeter. Die res van die fases om die toevoer pyplyn vanaf die damme tot by Kleingeluk op te gradeer volg in die daaropvolgende twee tot drie jaar.

• Dieselfde geld vir Orania Wes. Die Dorpsraad beplan om, in samerwerking met die Driedoring ontwikkeling, ‘n nuwe rouwater toevoer na Orania Wes te installeer. Die nuwe toevoer sal ook groot verligting vir Orania Wes teweegbring.

• Wanneer die Orania Wes toevoer voltooi is, behoort die hoërliggende gedeeltes van Orania Oos en veral die inwoners in Robynlaan beter waterdruk te ervaar.

Ons herinner maar weer dat inwoners waterdruk self ook kan verbeter deur onderhoud op interne waternetwerke te doen. Ons het die afgelope tyd baie gevalle gehad waar net die skoonspoel van pyplyne, sproeiers en krane groot verbetering van waterdruk teweeggebring het. Die rouwater bevat natuurlike materiaal wat gou verstoppings veroorsaak.

Ons bedank elke inwoner vir julle geduld, begrip en samewerking.

U is, soos altyd, welkom om in kontak met die dorpsraad te tree oor enige onderwerp, deur van die volgende skakel gebruik te maak:

Vriendelike groete,

Andre van Heerden

Hoof : Ingenieursdienste

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

004/2025
(Uitgereik op: 13 January, 2025)
Ingenieursdiente
003/2025
(Uitgereik op: 10 January, 2025)
Beplanning en Grondgebruik
002/2025
(Uitgereik op: 8 January, 2025)
Ingenieursdiente
001/2025
(Uitgereik op: 6 January, 2025)
Inligting en Skakeling

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

18
Jan
Saturday 18 January, 2025
Algemeen
24
Jan
Friday 24 January, 2025
- 24 January, 2025
7:00 pm
24
Jan
Friday 24 January, 2025
27
Feb
Thursday 27 February, 2025
- 6 April, 2025
Algemeen

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…