Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
WATERVERBRUIK EN WATERDRUK
Opsomming : Inwoners moet asb hul rouwatergebruik beheer, want daar is reeds baie druk op die netwerk en dit sal net erger word gedurende die somer.
Dit is weer warm en Orania se rouwaterverbruik het reeds begin toeneem soos wat inwoners begin tuinmaak en Orania mooi groen verkleur. Die warm somermaande is ongelukkig ook die tyd wanneer ons rouwaternetwerk onder die meeste druk is.
Die Dorpsraad wil daarom graag die volgende onder u aandag bring:
1. Wanneer daar baie verbruikers op die netwerk is wat besproei, sal daar drukverliese op die netwerk wees. Indien moontlik, is dit beter om in die stiller tye en snags te besproei. ’n Tydskakelaar wat besproeiing in die nag kan beheer, werk goed.
2. Afgesien van die drukverliese op die Dorpsraad se netwerk, mag dit moontlik wees om u interne waterdruk te verbeter deur onderhoud op u eie waternetwerk te doen. Orania se rouwater bevat baie skulpies en organiese materiaal wat pype en sproeiers kan verstop. Die ou eiendomme in die dorp het ook nog ou gegalvaniseerde staalpype wat teen hierdie tyd byna toe geroes sal wees.
3. ’n Stoortenk met drukpomp is ’n baie goeie opsie om interne besproeiing te verbeter. Dit is net belangrik dat die drukpomp nie direk uit die netwerk onttrek nie, maar eerder uit die stoortenk. ’n Drukpomp wat direk water uit die Dorpsraad se netwerk onttrek, veroorsaak watertekorte op die res van die netwerk en kan ook tot skade aan die netwerk lei.
4. Al word rouwater vir besproeiing gebruik, maan ons steeds dat water effektief en spaarsamig gebruik word. Om snags te besproei is baie meer effektief as bedags wanneer dit so warm is. Maak asseblief seker dat slegs rouwater vir besproeiing gebruik word. Kontak gerus die Dorpskantoor vir ’n gratis watertoets indien u wil seker maak.
Weens die druk op die waternetwerk het ons reeds vanjaar begin met die eerste fase van die opgradering van die waternetwerk, naamlik die opgradering van die pomplyn vanaf die rivier. Gefaseerde opgraderings aan die res van die verspreidingsnetwerk sal vir die volgende paar jaar voortduur. Intussen bedank ons u vir u samewerking en geduld.
Intussen bedank ons u vir u samewerking en geduld.
Vriendelike groete,
Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…