Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
WEES BEDAG OP VERVALSDE GELD (RANDE)
Opsomming : Daar is blykbaar iemand in ons omgewing (Hopetown, Vanderkloof en omstreke) wat met vervalsde Suid-Afrikaanse geld handel dryf. Wees asseblief versigtig om nie daardeur uitgevang te word nie.
Die persoon koop met ‘n vervalsde R200-noot iets kleins en ontvang dan natuurlik die kleingeld in regte note en munte. Hy het dus in die proses sy vervalsde geld omgeskakel na regte geld, terwyl die besigheidseienaar die verlies ly, aangesien hulle met nuttelose, onwettige note agterbly.
Die persoon ry moontlik met ‘n wit Renault en Afrikaans is nie sy eerste taal nie.
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: $ https://myorania.co.za/kontak-ons/$
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/$
Vriendelike groete,
Theuns Wessels
Orania Veiligheidsdienste (OVD)
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…