131/2025

WETSTOEPASSING VAN VERKEERSREËLS IN ORANIA

Uitgereik op: 11 July 2025
Orania Veiligheidsdienste

0

WETSTOEPASSING VAN VERKEERSREËLS IN ORANIA

131/2025

11 Julie 2025

Geagte Oraniërs,

WETSTOEPASSING VAN VERKEERSREËLS IN ORANIA

Opsomming : Ons wil die gemeenskap graag herinner daaraan dat beide nasionale én plaaslike verkeersreëls in Orania toegepas word — wat insluit dat ongelisensieerde persone (soos skoolkinders) nie voertuie mag bestuur nie.

Inwoners sal onthou dat Orania se spoedgrense onlangs — na afloop van ’n publieke meningspeiling — weer amptelik aangekondig is. Die maksimum spoed op grondpaaie is 25 km/h (behalwe vir die Servituutpad en die Rooipad, wat 40 km/h is), en die maksimum spoed op teer- en betonpaaie is 40 km/h (behalwe die gedeelte tussen die Kleingeluksirkel en die Kliniek, wat vir eers 25 km/h bly).

Orania Veiligheidsdienste (OVD) pas hierdie spoedgrense, sowel as alle ander verkeersreëls, gereeld toe. Oortreders kan groot boetes ontvang of selfs dissiplinêre aksie in die gesig staar.

Een padreël wat ons spesifiek wil uitlig, is dat almal wat enige vorm van gemotoriseerde voertuig bestuur, in besit moet wees van ’n geldige bestuurderslisensie. Verskeie inwoners het OVD onlangs ingelig daarvan dat hulle gereeld skoolkinders sien wat op Orania se paaie bestuur en dit hou ’n risiko vir die publiek in. Wanneer OVD sulke minderjarige oortreders betrap, sal vanpaste aksie geneem word, wat ook boetes vir die ouers kan insluit.

Ons vertrou op die gemeenskap se samewerking om ‘n veilige omgewing te skep, ook vir die vele jong kinders wat as fietsryers of voetgangers van ons paaie gebruik maak.

Vriendelike groete,

Ettiene de Lange
Hoof : OVD

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

023/2026
(Uitgereik op: 6 March, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
022/2026
(Uitgereik op: 5 March, 2026)
Beplanning en Grondgebruik
021/2026
(Uitgereik op: 23 February, 2026)
Uitvoerende Hoof
020/2026
(Uitgereik op: 20 February, 2026)
Outomatisering en Digitalisering

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

27
Mar
Friday 27 March, 2026
- 29 March, 2026
17
Apr
Friday 17 April, 2026
- 18 April, 2026
12:00 am
15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…