231/2025
9 Desember 2025
Geagte Oraniërs,
OPENBARE DEELNAMEPROSES OOR BOETES VIR ADVERTENSIEBORDE SONDER GOEDKEURING
Opsomming : ’n OAB-direksiebepaling rakende boetes vir die nienakoming van die vereiste om vooraf goedkeuring vir sekere borde, tekens en plakkate te verkry, is oop vir insette gedurende ’n openbare deelnameproses wat op 6 Januarie 2026 ten einde loop.
Inwoners sal onthou dat die proses rakende die oprigting van advertensieborde in Kennisgewing 114/2025 bespreek is. As opvolg daarop het die OAB-direksie die situasie verder oorweeg en ’n konsepbepaling vir die moontlike uitreiking van boetes vir oortredings opgestel.
Die konsepbepaling kan by die volgende skakel besigtig word: – Gaan na https://myorania.co.za/dokumente/ en maak die dokument genaamd “DIREKSIE BEPALING RAKENDE BOETES VIR DIE NIENAKOMING VAN DIE VEREISTE OM VOORAF GOEDKEURING VIR SEKERE BORDE, TEKENS EN PLAKKATE TE VERKRY” oop.
Oraniërs kan insette op hierdie konsepbepaling lewer tot en met 6 Januarie 2026, deur dit by die dorpskantoor in te handig of te stuur na cobus@myorania.co.za . Alternatiewelik kan die skakels onderaan hierdie boodskap ook gebruik word.
Vriendelike groete,
Cobus Pretorius
Hoof : Beplanning en Grondgebruik
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…