004/2026
26 Januarie 2026
Geagte Oraniërs,
ONDERBREKING VAN ELEKTRISITEITSTOEVOER OP 29.1.2026
Opsomming : Daar sal op Donderdag, 29 Januarie 2026, beplande kragonderbrekings in groot dele van die dorp wees weens noodsaaklike onderhoudswerk.
Die deurlopende onderhoud van die dorp se elektrisiteitsnetwerk is baie belangrik. Een aspek hiervan is dat die transformators op ’n gereelde grondslag gediens moet word. Dit veroorsaak ongelukkig ’n mate van ongerief, maar beperk op die lang termyn die dorp se risiko ten opsigte van kragonderbrekings.
In die lig hiervan neem asseblief kennis dat die elektrisiteitstoevoer na verskeie areas in Orania op Donderdag, 29 Januarie 2026, onderbreek sal word.
Die skedule vir die onderbrekings vir die verskillende areas, die beplande tye van die onderbreking, asook die aandeelblokke wat geraak sal word, word op die tabel hieronder uiteengesit.

U word daarop gewys dat bogenoemde tye slegs ’n riglyn vir die beplande onderbrekings is. Die elektrisiteitstoevoer kan te eniger tyd gedurende die bogenoemde periodes aangeskakel word, en alle punte moet dus as stroomdraend beskou word.
Kontak gerus vir Andre van Heerden by die dorpskantoor indien daar enige onduidelikheid is oor die skedulering van hierdie onderbrekings.
Vriendelike Groete,
Andre van Heerden
Hoof : Ingenieursdienste
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…