opmerkings

Wat gaan Orania doen.

  1. Ons almal weet Solidariteit het groot insae in Orania en soos ek gelees het is Orania baie aan Solidariteit verskuldig. Nou my vraag is. Solidariteit is n vakbond unie met ook baie swart lede

  2. As van daardie lede versoek dat hul kinders by BKO moet n studeer, Gaan Orania dit toelaat.. ons is mos nie rasisties nie. Meer nog helpendenet handaar stel studente beskikbaar vir los werkies as sulke volks vreemde studente nou hier studeer moet hul ook tog hier kan werk of hoe. Wat sal dan word van Eie arbeid. Dis maar net iets waar aan ek gedink het.

Terugvoering

Hierdie is ’n baie goeie en potensieel kontroversiële vraag, wat hier eintlik net samevattend aangeraak kan word. Om dit werklik in volle konteks te beantwoord, verg óf baie uitgebreide skrywes óf indiepte gesprekke. Ons wil jou dus nooi om asseblief ’n afspraak te maak om lekker hieroor te kom gesels, deur ’n e-pos te stuur na inligting@myorania.co.za. Jy sal dan natuurlik nie meer anoniem kan wees nie, maar ons voer gereeld hierdie tipe interessante gesprekke terwyl ons onderweg is na ons onafhanklike Afrikaner-tuiste, en ’n wye verskeidenheid opinies word in ’n baie tegemoetkomende gesindheid oorweeg.

 

As ’n samevattende antwoord op jou vraag, die volgende:

  • Wanneer studente by BKO wil kom studeer, moet hulle eintlik op twee plekke aansoek doen: eerstens by BKO self, en dan ook by die afdeling Verblyfreg.
    • Van die “owerheid” se kant af kan ons nie presies sê watter kriteria BKO self toepas om aansoeke te oorweeg nie, maar by die afdeling Verblyfreg word die aansoek aan die hand van die Verblyfregbeleid toegepas. Solidariteit het geen sê in die hantering en oorweging van Verblyfreg aansoeke nie. Die Verblyfregbeleidkomitee bestaan uit slegs inwoners van Orania. Die aansoeker word op sy/haar eie meriete oorweeg en Solidariteit maak geen deel uit van die oorweging nie. Solidariteit, wat ’n waardevolle bydrae tot die ekonomiese ontwikkeling van Orania maak, het dus geen “groot insae” in ons Verblyfregbeleid (en ook ons Regspleging en vele ander aspekte) nie.
    • Wanneer die afdeling Verblyfreg enige aansoeke oorweeg, is dit belangrik om in ag te neem dat velkleur geen deel van die kriteria uitmaak nie. Selfs bloot op grond van wetgewing is dit nie iets wat Orania ooit sal doen nie. Ons het ’n sterk en wettige saak om ons grondwetlike reg op selfbeskikking as ’n groep / volk wat dieselfde taal en kultuur deel (art. 235 en ook die internasionale reg) op te neem, maar beslis nie om dit op velkleur of ras te baseer nie. Die oomblik wat ons sou wou aanvoer dat ras deel van ons strewe om selfbeskikking moet wees, het ons daar en dan nie meer ’n regsgeldige aanspraak op selfbeskikking nie. Ons is dan ook nie eerlik met onsself as ons sou stel dat ons na selfbeskikking streef nie.
  • Die eerlike soeke na selfbeskikking vereis derhalwe dat ons ook eerlik met die regsvereistes ten aansien daarvan omgaan. Ons kan nie ons strewe in valse terme inkleur nie. Ieder en elke aansoeker om Verblyfreg moet onder andere en juis om te beklemtoon dat ons strewe eerlik, gesond en suksesvol deurgevoer moet word onder andere die volgende bewoording bevestig en onderteken: “As ‘n gemeenskap wat na selfbeskikking streef, erken ek dat Orania dit sodanig op ‘n volhoubare wyse binne die geldende reg op selfbeskikking wil laat geskied. Dit sluit in dat Orania se strewe berus op ‘n eie kultuurgroep of volk en spesifiek nie op grond van ‘n aanspraak van ‘n spesifieke ras nie. Ek erken dat Orania nie ‘n rasgedrewe beleid nastreef of ooit op enige wyse in werking wil stel nie en dat sodanige verwagting ook nie gekoester kan word nie. Selfbeskikking kan slegs deur ‘n volk wat hulself kultureel identifiseer en orden opgeëis word.
  • Die beleid om nie ons volk en gemeenskap ingevolge ras te definieer nie, is ‘n grondliggende standpunt wat reeds vanaf die stigting van Orania gehuldig word. Ons stigterslede, soos onder andere prof. Carel Boshoff, was baie ernstig oor hierdie beleid. Dit is dus geen nuwe beleid nie, maar dieselfde beleid wat nog altyd binne Orania van toepassing is. Dit is ook hierdie beleid wat inhou dat politici, hul opruiende uitsprake ten spyt, nie ’n geldige standpunt teen Orania se bestaan kan opper nie. Ons volk dra baie trauma en een daarvan is die oorbeklemtoning van ras ten koste van waardes wat ons beter en meer gesond definieer, soos ons taal, kultuur en geloof. Daar is ongelukkig enkele inwoners wat, ten spyte daarvan dat Orania nog altyd nie op grond van ras gedefinieer word nie en hulle ook daarvan bewus is, ‘n teenstrydige verwagting wat tot nadeel van ons volk se toekoms strek koester. Orania kan egter nie van die duidelike pad waarop ons reeds vanaf die begin verkeer afwyk bloot om enkele persone tevrede te stel, maar daardeur dan ook Orania se einde te bewerkstellig nie. Ons moet en gaan dit wat ons reeds vir meer as drie dekades suksesvol as beleid navolg ook presies so aanhou volg en deurvoer.
  • Eie arbeid beteken nie blanke arbeid nie, maar Afrikaner-arbeid. Indien eie arbeid op blanke arbeid sou neerkom, sou mense wat Engels of Spaans of Frans praat ook maar in Orania kon woon. Sodanige persone is net so “volksvreemd” as wat byvoorbeeld ’n Tswana sou wees. Dan is Orania eenvoudig nie meer ‘n gemeenskap vir Afrikaners nie en het ons eweneens nie ‘n regmatige aanspraak op selfbeskikking nie.
  • In praktyk doen volksvreemdes eenvoudig oor die algemeen nie aansoek om Verblyfreg nie. Dit is nie omrede ’n uitsluitende beleid hul daarvan weerhou nie, maar eenvoudig omrede die insluitende beleid van ’n gemeenskaplike taal, kultuur en geloof dit vir hulself nie moontlik maak om in vrymoedigheid aansoek te doen nie. Studente maar ook ander persone doen nie aansoek omrede hul lede van Solidariteit of enige ander organisasie is nie, maar omrede hulle uit eie beweging deel van Orania wil wees.
  • Dit is goed en belangrik dat ons hieroor gesels. Ons groot ideaal is selfbeskikking, iets wat ons reeds in Orania geniet. Ons wil dit egter na ’n volgende vlak neem. Om dit te bereik moet ons aan die vereistes daarvan voldoen. Ons het nie die regsvereistes uitgedink of vir onsself daargestel nie, maar is dit eenvoudig die werklikheid waaraan ons moet voldoen. Dit beteken onder andere meer mense in een gebied, welke mense dieselfde taal en kultuur deel. Lees gerus die inligtingstuk “Selfbeskikking - Om die ideaal na ’n werklikheid te neem” op hierdie webwerf (gaan na Dokumente – My Orania en kyk vir hierdie titel) gepubliseer en waarin meer breedvoerig met die feite, die werklikheid, omgegaan word. Waar ons meer hieroor kan gesels, gaan ons meer eensgesind dit doen wat van ons nodig is as ons enigsins oor vordering na ons ideaal wil praat.

Kommentaar

{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.singularReviewCountLabel }}
{{ reviewsTotal }}{{ options.labels.pluralReviewCountLabel }}
{{ options.labels.newReviewButton }}
{{ userData.canReview.message }}
Maps Calender Kategorie Select Filter

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

046/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Inligting en Skakeling
045/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Ingenieursdiente
044/2026
(Uitgereik op: 15 April, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…