072/2026
2 Junie 2026
Geagte Oraniërs,
ORANIA KARNAVAL 2026: STALLETJIEBESPREKINGS IS OOP
Opsomming : Stalletjies vir uitstallers by die Orania Karnaval, wat hierdie jaar almal met elektrisiteit voorsien word, kan bespreek word.
Oor vier maande is dit weer Karnavaltyd!
Ons het vanjaar ‘n propvol program, insluitend ‘n optrede deur Heuwels Fantasties en vele meer. Ons nooi alle belangstellende uitstallers hiermee vriendelik uit om so gou moontlik stalletjies te bespreek, aangesien die aantal plekke beperk is. Dit is nogal opvallend dat by verre die meeste van die uitstallers wat in 2025 uitgestal het, reeds weer hulle stalletjies vir vanjaar bespreek het (tydens vroeë besprekings vir vorige uitstallers). Verlede jaar se Karnaval was selfs vir uitstallers wat van ver af gereis het só suksesvol dat hulle nie die geleentheid hierdie jaar wil mis nie!
Neem asseblief kennis van die volgende:
* Die Karnaval vind plaas op Vrydag en Saterdag, 2 en 3 Oktober, by die Orania-sportgronde.
* Toegang vir die publiek is op die Vrydag heeltemal GRATIS, so uitstallers behoort blootstelling te kry aan groot getalle besoekers.
* Stalletjies kan aanlyn bespreek word by www.oraniakarnaval.co.za, of persoonlik by die Dorpskantoor.
* Ons toets vanjaar ‘n nuwe terreinuitleg wat, na ons mening, baie voordele kan inhou.
* ALLE stalletjies beskik nou oor elektrisiteit – hetsy 1 ampère, 5 ampère of 10 ampère, wat ‘n groot verbetering is, aangesien geen stalletjie nou ná sononder in die donker hoef te wees nie.
Sover dit die elektrisiteitsvoorsiening betref, die volgende:
* 1 ampère-stalletjies sal elektriese ligte kan gebruik, veral indien dit LED-ligte is. Toerusting soos waaiers, skootrekenaars, selfoonlaaiers, Yoco-toestelle en soortgelyke apparate behoort ook sonder probleme te werk. ‘n Elektriese ketel kan egter die stroombreker laat uitslaan.
* 5 ampère-stalletjies kan toerusting met ‘n kragverbruik van effens meer as 1 000 watt hanteer. Klein elektriese ketels, yskaste en mikrogolfoonde behoort byvoorbeeld goed te werk.
* 10 ampère-stalletjies sal swaardiens-elektriese toerusting soos lugbraaiers, groot yskaste en soortgelyke apparate kan hanteer.
Ons stel egter voor dat u ons vooraf kontak vir advies indien daar enige onsekerheid oor die elektrisiteit bestaan, of dat u met ‘n elektrisiën konsulteer. Ons beveel ook aan dat gas eerder as elektrisiteit vir kookdoeleindes gebruik word, om enige moontlike onvoorsiene probleme met krag te vermy.
Karnavalgroete,
Marieta Pringle
082 264 1486
stalletjies@oraniakarnaval.co.za
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…