112/2025
10 Junie 2025
Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
DEPARTEMENT VAN INDIENSNEMING EN ARBEID BESOEK ORANIA WEER OP 13 JUNIE
Opsomming : Die Departement van Indiensneming en Arbeid, wat ook op 27 Maart in Orania was, besoek ons weer eerskomende Vrydag, 13 Junie 2025.
Mense sal onthou dat hierdie staatsdepartement vroeër vanjaar inspeksies by besighede en maatskappye (insluitend landbou) in Orania gedoen het, om voldoening aan die volgende wetgewing te ondersoek : Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, Die Wet op die Nasionale Minimumloon, Werkloosheidsversekering, Die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, asook alle sektorbepalings.
Hulle het ons verwittig daarvan dat hulle weer eerskomende Vrydag, 13 Junie, ‘n besoek aan Orania sal bring, waartydens hulle meestal sal probeer om dié besighede te besoek waar hulle nie in Maart kon uitkom nie.
Die inspekteurs sal deur OVD vergesel word en het die reg om enige besigheid te besoek as deel van hul inspeksie.
Inwoners is welkom om die Dorpskantoor hieroor te kontak as daar enige verdere inligting benodig word.
Vriendelike groete,
Gawie Snyman
Orania Dorpsraad – Uitvoerende Hoof
U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : $ https://myorania.co.za/kontak-ons/$
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/$
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…