102/2025
26 Mei 2025
HANTERING VAN VULLIS OP TWEE ORANIA VAKANSIEDAE HIERDIE WEEK
Opsomming : As gevolg van publieke vakansiedae in Orania hierdie week sal Donderdag se vullisverwydering skuif na Vrydag en sal die stortingsterrein Donderdag en Saterdag gesluit wees.
Eerskomende Donderdag, 29 Mei, is ‘n publieke vakansiedag in Orania (Hemelvaartdag), so die verwydering van herwinbare-vullis sal eers Vrydag gebeur. Die stortingsterrein sal ook gesluit wees op Donderdag.
Eerskomende Saterdag, 31 Mei, is ook ‘n publieke vakansiedag in Orania (Bittereinderdag), so die stortingsterrein sal ook dan nie oop wees nie.
Inwoners kan dus gerus die twee amptelike geleenthede op Saterdag bywoon, naamlik die besoek aan die Doornbult Konsentrasiekamp die oggend (gratis) en die Plaasbraai op die sportgronde die middag (teen Φ60 vir volwassenes en Φ40 vir kinders)!
Vriendelike groete,
Burger Lambrechts
Kommunikasiebampte
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…