037/2026

HERINNERING – MENINGSOPNAME SLUIT MÔRE

Uitgereik op: 7 April 2026
Inligting en Skakeling

0

HERINNERING – MENINGSOPNAME SLUIT MÔRE

037/2026

7 April 2026

Geagte Oraniërs,

HERINNERING – MENINGSOPNAME SLUIT MÔRE

Opsomming: Dit sal baie waardeer word indien Oraniërs wat nog nie die anonieme meningsopname voltooi het nie, dit so spoedig moontlik doen, aangesien dit môre sluit. Selfs al word dit net gedeeltelik voltooi, is dit steeds waardevol.

Soos genoem in Kennisgewing 030/2026, word alle Oraniërs versoek om asseblief die meningsopname te voltooi deur die volgende skakel te volg:https://www.surveymonkey.com/r/RVRLQSQ

Hierdie is een van die beste maniere vir die gemeenskap om hul tevredenheid oor verskillende aangeleenthede bekend te maak. Met jaarlikse herhaling van hierdie opname kan veranderinge in inwoners se sentiment oor spesifieke sake gemonitor word om die effektiwiteit van bestuursbesluite te bepaal.

In Kennisgewing 030/2026 is die opname soos volg verduidelik:

Die doel van die meningsopname is om almal die geleentheid te bied om anoniem hul opinies te lug en insette te lewer oor enige aspek van Orania.

Inwoners sal onthou dat ’n soortgelyke anonieme meningsopname vroeg in 2025 gedoen is, wat baie nuttige resultate gelewer het. Hierdie jaar se opname sal hopelik minstens dieselfde hoë gehalte inligting lewer, maar aangesien die meeste van die vrae van laas jaar herhaal word, sal ons ook interessante tendense kan begin identifiseer.

Die opname meet inwoners se gevoel oor al die verskillende afdelings en funksies van die Dorpsraad, maar ook oor sake soos die invloed van potensiële vlugtelingstatus in Amerika, die manier waarop verskillende instellings in die dorp ’n rol speel, inwoners se finansiële omstandighede, asook geestelike en emosionele uitdagings waarmee ons mense gekonfronteer word, ens.

Dit behoort ongeveer 20 minute te neem om die eerste gedeelte oor die Dorpsraad self te voltooi, en dan nog ’n rukkie langer vir die opsionele vrae aan die einde. Daar is ook geleentheid vir mense om hul eie opmerkings en voorstelle te maak oor ’n groot verskeidenheid onderwerpe. Al die opmerkings word gelees en daarna opgesom om onder andere algemene temas te identifiseer.

Enigeen met internettoegang, selfs al is dit net op ’n selfoon, kan die opname maklik voltooi deur die onderstaande skakel te volg. Daar is geen prente of video’s in die opname nie, en dit sal dus nie veel data gebruik nie.
https://www.surveymonkey.com/r/RVRLQSQ

Hierdie kennisgewing kan aangestuur word na ander persone, wat dan ook die skakel kan gebruik om die opname oop te maak en te voltooi, maar die program sal slegs een antwoord per persoon toelaat.

Dit is nie verpligtend om alle vrae in die opname te beantwoord nie, maar ons versoek asseblief dat soveel as moontlik voltooi word, want hoe meer antwoorde ons ontvang, hoe beter sal die data wees om ingeligte besluite te neem.

Dit word verkies dat die opname elektronies voltooi word, maar indien dit glad nie moontlik is nie, sal dit ook in hardekopie (op papier) by die Dorpskantoor en by die biblioteek beskikbaar wees.

Die bevindings van die opname sal weer, soos laas jaar, na afloop daarvan volledig met inwoners gedeel word.

Enige vrae oor hierdie meningsopname kan gestuur word na burger@myorania.co.za.

Vriendelike groete,

Burger Lambrechts
Orania Dorpsraad Kommunikasiebeampte

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Filters

Kennisgewings Date Rage Filter
Kennisgewings Type Checkbox Filter
Vloedrisikovlakke
Vloedrisikovlakke

Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

046/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Inligting en Skakeling
045/2026
(Uitgereik op: 16 April, 2026)
Ingenieursdiente
044/2026
(Uitgereik op: 15 April, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

15
May
Friday 15 May, 2026
- 16 May, 2026
Algemeen
12
Jun
Friday 12 June, 2026
- 13 June, 2026
5:00 pm
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…