Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
LAASTE INLIGTING OOR PLAASBRAAI
Ons wil die gemeenskap graag herhinner aan vanaand, 21 September 2024, se groot Plaasbraai by die sportgronde. Dit is ‘n baie gewilde kuier vir die hele Orania en bied onoortrefbare waarde aan almal wat dit bywoon.
Let veral op die volgende punte:
* Die verrigtinge begin ongeveer 18h00 en die eerste opskep gebeur omtrent 19h00.
* Kaartjies kos slegs Φ50 per volwassene en Φ30 per kind onder 12.
* Kaartjies kan by die geleentheid gekoop word, maar is ook steeds aanlyn beskikbaar by $ https://oraniakarnaval.co.za/product/plaasbraai/$ .
* Tafels en stoele word verskaf.
* Toegang tot die perseel en die geniet van die musiek en danse is gratis, maar kaartjies moet getoon word wanneer mens opskep.
* Vleis, roosterkoek en pap-en-sous is ingesluit by die kaartjie.
* Mense moet asseblief hulle eie bykosse en drankies saambring.
Ons is seker almal sal genoeg warm klere en selfs komberse saambring en dat die koue geen invloed sal hê op hierdie warm geleentheid nie!
Vriendelike groete,
Burger Lambrechts
Orania Dorpsraad: Kommunikasiebeampte
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…