107/2025
4 Junie, 2025
‘N LANG ESKOM KRAGONDERBREKING OP 7 JUNIE BEHOORT OORBRUG TE WORD DEUR ORASOL
Opsomming : Eskom sal op 7 Junie (eerskomende Saterdag) geen elektrisiteit aan Orania verskaf tussen 08:00 en 16:00 nie, maar die Sonplaas en battery behoort te verseker dat daar nie ‘n kragonderbreking in Orania Dorpsgebied sal wees nie.
Die onderhoudswerk wat ESKOM veronderstel was om laas Saterdag, 31 Mei, in Orania te verrig, het toe nooit gebeur nie en dit is met presies een week aangeskuif. Daar sal dus eerskomende Saterdag, 7 Junie, ’n agt uur lange ESKOM kragonderbreking in Orania wees, maar Orasol behoort in dié tydperk aan al die dorpsgebied se elektrisiteitsbehoeftes te kan voldoen, so inwoners sal waarskynlik nie eers agterkom dat ESKOM se krag af is nie.
Dit mag moontlik gebeur dat aardlek-stroombrekers oopmaak tydens die oorskakeling van Eskom na Orasol, so indien inwoners se krag enige tyd Saterdag onderbreek word, moet hulle asseblief hul brekers nagaan en weer toemaak indien nodig.
Indien dit wel sou gebeur dat die krag afgaan, moet inwoners altyd, ter wille van veiligheid, enige kragpunte of toestelle as lewendig beskou.
Vriendelike groete,
Gawie Snyman
Uitvoerende Hoof
Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…