029/2025

NET TWEE DAE OOR OM MENINGSOPNAME TE VOLTOOI

Uitgereik op: 26 February 2025
Inligting en Skakeling

0

NET TWEE DAE OOR OM MENINGSOPNAME TE VOLTOOI

Geagte Aandeelhouers en Inwoners,

NET TWEE DAE OOR OM MENINGSOPNAME TE VOLTOOI

Opsomming : Daar is nog net twee dae oor om die anonieme meningsopname, wat onder die hele Orania gemeenskap gedoen word, te voltooi.

Die doel van die meningsopname is om almal die geleentheid te bied om anoniem hul opinies te lug en insette te lewer oor enige aspek van Orania.

Daar was tot dusver 506 mense wat die meningsopname oogemaak het, waarvan 394 dit volledig voltooi het en al die vrae beantwoord het. Ons hoop dat hierdie getal nog aansienlik kan groei, sodat die meerderheid mense in die dorp se opinies ingesluit is by die uitslae.

Enigeen met internettoegang, selfs al is dit net op ’n selfoon, kan die opname maklik voltooi deur hierdie skakel te volg: https://www.surveymonkey.com/r/9H9PN7X

Indien iemand huiwer om eerlike opinies in die opname te lug, omdat hulle nie seker is of dit werklik anoniem is nie, kan die volgende skakel gevolg word na ‘n volledige verduideliking en bewys van die anonimiteit daarvan. – https://myorania.co.za/annonieme-klagtes/is-die-meningsopname-regtig-anoniem/

Dit word verkies dat die opname elektronies voltooi word, maar indien dit glad nie moontlik is nie, kan ’n hardekopie (op papier) by die Dorpskantoor verkry en voor die einde van Februarie ingehandig word.

Daar is geen prente of video’s in die opname nie, so dit sal nie veel data gebruik nie.

Hierdie kennisgewing kan aangestuur word na ander persone, wat dan ook die skakel kan gebruik om die opname oop te maak en te voltooi, maar slegs een antwoord per persoon word toegelaat.

Dit is nie verpligtend om alle vrae in die opname te beantwoord nie, maar ons versoek asseblief dat soveel moontlik vrae voltooi word, want hoe meer antwoorde ons ontvang, hoe beter sal die data wees om ingeligte besluite te kan neem.

Afhangend van die hoeveelheid mense wat aan die meningsopname deelneem, kan dit ’n tydjie neem om al die antwoorde te verwerk, maar sodra dit moontlik is, sal die gemeenskap terugvoer ontvang oor die uitslae.

Enige vrae oor hierdie meningsopname kan gestuur word na burger@myorania.co.za.

Indien u anonieme opmerkings wil maak oor die meningsopname, kan dit gedoen word op die Anonieme Forum op die myorania.,co.za webwerf, deur die volgende skakel te volg – https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Vriendelike groete,

Burger Lambrechts

Orania Dorpsraad Kommunikasiebeampte

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

211/2025
(Uitgereik op: 12 November, 2025)
Korporatiewe Dienste
210/2025
(Uitgereik op: 12 November, 2025)
Ingenieursdiente
209/2025
(Uitgereik op: 10 November, 2025)
Ingenieursdiente
208/2025
(Uitgereik op: 6 November, 2025)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

10
Dec
12
Dec
16
Dec
Tuesday 16 December, 2025
- 6 April, 2025
Algemeen
26
Dec
Friday 26 December, 2025
6
Jan
Tuesday 6 January, 2026
- 6 January, 2026
7:00 am

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…