014/2026

ORANIA SE INWONERTAL IN DESEMBER 2025

Uitgereik op: 10 February 2026
Beplanning en Grondgebruik

0

ORANIA SE INWONERTAL IN DESEMBER 2025

014/2026

10 Februarie 2026

Geagte Oraniërs,

ORANIA SE INWONERTAL IN DESEMBER 2025

*Opsomming : Daar was in Desember 2025 ‘n totaal van 2 903 inwoners in Orania.*

Soos belangstellendes weet, word daar elke jaar in Desember ’n sensustelling van al Orania se inwoners gedoen (in al vier grondentiteite). Die uitslag van die Desember 2025-telling is nou finaal geverifieer en word hiermee bekend gemaak.

Die totale aantal Orania-inwoners in Desember 2025 was 2 903.

Hierdie getal is 4% minder as in Desember 2024, maar steeds meer as in enige ander jaar vantevore. Indien ’n mens die verandering in bevolkingsgetalle oor langer periodes beskou, was daar ’n gemiddelde jaarlikse groei van 7% oor die afgelope vyf jaar (2020 tot 2025) en 9,7% oor die laaste tien jaar (2015 tot 2025). Histories gesien is hierdie positiewe groei oor die mediumtermyn aansienlik beter as wat dit was in byvoorbeeld die 2000’s, toe Orania se inwonertal oor ’n periode van sewe jaar in totaal afgeneem het (van 550 tot 532 tussen 1999 en 2006).

Die grootste rede vir die effense afname in Orania se inwonertal is finansieel, met ons dorp wat natuurlik ook die uitwerking van Suid-Afrika en die res van die wêreld se swak ekonomiese toestande ervaar. Daar is egter reeds positiewe tekens in Orania te bespeur, wat daarop dui dat die huidige omstandighede binnekort behoort te verbeter. ’n Onlangse ontleding het byvoorbeeld getoon dat Orania se munisipale kostes laer is as dié van ander soortgelyke dorpe (sien OAB kennisgewing 012/2026), so, tesame met die feit dat ons kruideniersware goedkoper is as in die res van die land, en dat ons gemiddelde huurpryse in die onlangse verlede afgeneem of gestabiliseer het, maak dit Orania ’n aantreklike tuiste vir Afrikaners wat verskeie opsies oorweeg.

Dit is veral verblydend om te sien dat daar 36 nuwe Orania-babas gebore is in die afgelope jaar, wat 71.4% meer is as in die vorige jaar.

Ons is dankbaar daarvoor dat Oraniërs steeds bankvas staan agter die konsep van Afrikaner-selfbeskikking en dat soveel huidige en voornemende Oraniërs bereid is om hul opofferings te maak in die verdere realisering van daardie doelwit.

Vriendelike Groete,

Cobus Pretorius

Hoof : Beplanning en Grondgebruik

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: 🔗 https://myorania.co.za/kontak-ons/

Indien u dit anoniem wil doen, kan u ‘n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: 🔗 https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Maps Calender Kategorie Select Filter
Kalendar Agemene gebeure Checkbox Filter
Kalendar Tersiêre Instellings Checkbox Filter
Kalendar Feeste Checkbox Filter
Kalendar Gemeenskapsprojekte Checkbox Filter
Kalendar Karnaval Checkbox Filter
Kalendar Kerke Checkbox Filter
Kalendar Kultuur Checkbox Filter
Kalendar Markte Checkbox Filter
Kalendar Musiek Checkbox Filter
Kalendar Orania Vakansiedae Checkbox Filter
Kalendar SA Vakansies Checkbox Filter
Kalendar Skole Checkbox Filter
Kalendar Sport Checkbox Filter
Kalendar Vergaderings Checkbox Filter
Orientering Checkbox Filter
Kalendar Ander Checkbox Filter

Filters:

Kalendar Agemene gebeure Checkbox Filter
Kalendar Tersiêre Instellings Checkbox Filter
Kalendar Feeste Checkbox Filter
Kalendar Gemeenskapsprojekte Checkbox Filter
Kalendar Karnaval Checkbox Filter
Kalendar Kerke Checkbox Filter
Kalendar Kultuur Checkbox Filter
Kalendar Musiek Checkbox Filter
Kalendar Orania Vakansiedae Checkbox Filter
Orientering Checkbox Filter
Kalendar SA Vakansies Checkbox Filter
Kalendar Skole Checkbox Filter
Kalendar Sport Checkbox Filter
Kalendar Vergaderings Checkbox Filter
Kalendar Ander Checkbox Filter

Filters

Kennisgewings Date Rage Filter
Kennisgewings Type Checkbox Filter
Vloedrisikovlakke
Vloedrisikovlakke

Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd

Maps Calender Kategorie Select Filter

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreëls

Dorpsreëls

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

073/2026
(Uitgereik op: 9 June, 2026)
Ingenieursdiente
072/2026
(Uitgereik op: 2 June, 2026)
Gemeenskapsdienste
071/2026
(Uitgereik op: 1 June, 2026)
Ingenieursdiente

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koöperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
25
Jun
Thursday 25 June, 2026
- 27 June, 2026
8:00 am
11
Jul
Saturday 11 July, 2026
- 11 July, 2026
10:00 am
25
Jul
Saturday 25 July, 2026
- 25 July, 2026
7:00 am
3
Aug
Monday 3 August, 2026
- 7 August, 2026
1:00 pm

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…