132/2026

VAKANTE BETREKKING BY DORPSRAAD AS JUNIOR INFORMASIETEGNOLOGIETEGNIKUS (IT-TEGNIKUS)

Uitgereik op: 25 September 2026
Outomatisering en Digitalisering

0

VAKANTE BETREKKING BY DORPSRAAD AS JUNIOR INFORMASIETEGNOLOGIETEGNIKUS (IT-TEGNIKUS)

132/2026

25 September 2026

Geagte Oraniƫrs,

VAKANTE BETREKKING BY DORPSRAAD AS JUNIOR INFORMASIETEGNOLOGIETEGNIKUS (IT-TEGNIKUS)

Opsomming : Orania Dorpsraad het ’n vakante pos vir ’n Junior Informasietegnologie-tegnikus (IT-tegnikus). Aansoeke sluit op Vrydag 9 Oktober 2026 om 16:30.

Oor die pos
Die Junior IT-tegnikus sal in diens wees van Orania Dorpsraad, ’n dinamiese instelling wat groei en daarna streef om op die voorpunt van dienslewering te wees.
Die Junior IT-tegnikus sal dienste aan al die filiaalmaatskappye van Orania Dorpsraad lewer en verantwoordelikheid neem vir onder meer die volgende:
* Die opstel, instandhouding en diens van gebruikerrekenaars, die opdatering van programmatuur en opleiding van gebruikers;
* Die installering en uitbreiding van kabelnetwerke;
* Die installering, instandhouding en uitbreiding van kabellose netwerke (WiFi);
* Die installering en instandhouding van moniteringskameras (kringkameras), die uitbreiding van kameranetwerke en ondersteuning aan die beheerkamer;
* Die instandhouding, optimalisering en uitbreiding van die VoIP-telefoonstelsel;
* Bedienerrugsteun, instandhouding van antivirusprogrammatuur en die algemene opdatering van programmatuur;
* Die instandhouding van netwerkdrukkers; en
* IT-verwante aankope.

Vereistes vir ’n suksesvolle aansoeker
Die ideale kandidaat vir bogenoemde pos moet oor die volgende beskik:
* ’n Sterk verbintenis tot die strewe van Orania en tot die beginsels van selfstandigheid, selfwerksaamheid en trotse Afrikanerskap soos dit in Orania beoefen word;
* ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie en twee jaar se vorige ondervinding in die inligtingstegnologieveld sal voordelig wees, maar is nie ’n vereiste nie;
* IT-tegnikussertifisering sal ’n sterk aanbeveling wees (bv. CompTIA A+ en N+);
* Die vermoƫ om onder druk te funksioneer en by doeldatums te hou;
* ’n Geldige bestuurderslisensie;
* Goeie administratiewe vaardighede;
* Die vermoƫ om goeie menseverhoudinge te handhaaf;
* ’n Sin vir deeglikheid en konsekwente optrede;
* Verblyfreg in Orania;
* Die vermoƫ om inligting vertroulik te hanteer; en
* Die vermoƫ om op hoogtes te werk.

Aansoekproses
Aansoeke moet voor of op Vrydag 9 Oktober 2026 om 16:30 by die Orania Dorpskantoor ingedien word, of per e-pos na theunie@myorania.co.za gestuur word. Slegs aansoeke in Afrikaans sal oorweeg word.

Skakel gerus vir Theunie Kruger by 053 207 0063 vir enige navrae.

Theunie Kruger
Hoof: Bedryfstelsels en Outomatisering

Inwoners kan, soos altyd, die Dorpsraad kontak deur die volgende skakel te gebruik: šŸ”— https://myorania.co.za/kontak-ons/
Indien u dit anoniem wil doen, kan u ā€˜n opmerking plaas in die Anonieme Forum op ons webwerf: šŸ”— https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/

Noodnommers

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Hospitaal

Huis Dokter

Orania Ambulaans

Elektrisien

Loodgieter

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Kennisgewings

Opkomende inskrywings…

133/2026
(Uitgereik op: 30 September, 2026)
Uitvoerende Hoof
132/2026
(Uitgereik op: 25 September, 2026)
Outomatisering en Digitalisering
131/2026
(Uitgereik op: 23 September, 2026)
Ingenieursdiente
130/2026
(Uitgereik op: 22 September, 2026)
Algemeen

Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…

Nuusbriewe

Opkomende inskrywings…

01/2024
(Uitgereik op: 2 May, 2024)

2

Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…

Kalender

Opkomende inskrywings…

1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
Gemeenskapsdienste
1
Oct
Thursday 1 October, 2026
- 3 October, 2026
8:00 am
10
Oct

Vir meer kalender inskrywings, gaan na…

Orania Kaart

Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…

Algemene Skakels

Druk op nie nommer om te skakel…

Orania Veiligheids Dienste

Orania Beweging

OVD Watervleuel

Regspleging

Orania Ontwikkelingsmaatskappy

OSK

OSK Koƶperatiewe Bank

Orania Sakekaner

Radio Orania

Vir meer skakelnommers, gaan na…

Korporatief

Dokumente Korporatief Filter

Finansies

Dokumente Finansies Filter

Grongebruik

Dokumente Grondgebruik Filter

Dorpsreƫls

Dorpsreƫls