Geagte Aandeelhouers en Inwoners,
RESERWEGROEP NOOI NUWE VRYWILLIGERS UIT
Opsomming : Vrywilligers word uitgenooi om lede te word van die Orania Reserwegroep, wat deel is van die Weerbaarheidsvereniging.
Orania het uitgebreide veiligheidsplanne en is goed voorbereid om allerlei bedreigings suksesvol te hanteer. Soos dit ons dorp, met sy deelnemende gemeenskap, betaam, is daar ‘n groot groep vrywilligers in die Weerbaarheidsvereniging wat Orania Veiligheidsdienste (OVD) bystaan om hierdie funksie te verrig.
Die Weerbaarheidsvereniging bevat onder andere die Taakspan en die Reaksiespan, maar ook die Reserwegroep. Hierdie groep bestaan volledig uit vrywilligers en word ingespan ter ondersteuning van die ander spanne wanneer nodig. Dit is ‘n georganiseerde groep, maar die lede daarvan het dalk nie tyd om so gereeld aan oefeninge deel te neem soos die ander spanne nie.
Inwoners wat graag deel wil word van die Reserwegroep, word versoek om by die Veiligheidsgebou aan te meld en die nodige inligting te verskaf. Hulle sal daarna in kennis gestel word oor die volgende stappe in die proses.
U kan, soos altyd, die Dorpsraad oor enige onderwerp kontak deur die volgende skakel te volg : $ https://myorania.co.za/kontak-ons/$
Indien u dit anoniem wil doen, kan u die Anonieme Forum op die myorania.co.za webwerf gebruik, deur die volgende skakel te volg – $ https://myorania.co.za/anonieme-voorstelle-opmerkings-of-klagtes/$
Vriendelike groete,
Renier Botha
Hoof : Orania Reserwegroep
Die bogenoemde vloedrisikovlakke word as aanduiders van gevaar gebruik:
Vlak GROEN: normale riviervlakke
Vlak GEEL: dreigende gevaar, wees paraat (geen toegang tot die rivier)
Vlak ORANJE: beveilig eiendom en verwyder waardevolle items en diere in geïdentifiseerde gebiede (verhoogde paraatheid)
Vlak ROOI: alle persone in geïdentifiseerde gebiede ontruim teen ʼn aangekondigde tyd
Opkomende inskrywings…
Vir meer kennisgewing inskrywings, gaan na…
Besoek ons kaart om verkeie plekke in Orania te vind…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer Nuusbrief inskrywings, gaan na…
Druk op nie nommer om te skakel…
Vir meer skakelnommers, gaan na…
Opkomende inskrywings…
Vir meer kalender inskrywings, gaan na…